NS-Superrugbyster sterf in ongeluk

Die Superrugbyster Sean Wainui (Foto: Chiefs/Twitter)

Nieu-Seelandse rugby is in rou gedompel nadat die Superrugbyster Sean Wainui Maandag in ’n motorongeluk in dié land dood is.

Wainui wat vir die Maori All Blacks en die Waikato Chiefs uitgedraf het, was maar 25 jaar oud.

Die polisie in Nieu-Seeland sê Wainui se motor het ’n boom naby die hawestad Tauranga getref. Hy was die enigste insittende van die motor.

Mark Robinson, uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby, het intussen die senter se dood as ’n “donker dag vir rugby” bestempel.

“Sean se heengaan sal diep gevoel word deur almal wat by rugby betrokke is, veral sy Bay of Plenty- en Chiefs -spanmaats. Ons deel in hul hartseer en hul skok.”

Wainui het sy Superrugby-loopbaan by die Canterbury Crusaders afgeskop voordat hy hom in 2018 by die Chiefs aangesluit het.

Wainui het in Junie vanjaar vyf drieë teen die NSW Waratahs in Sydney gedruk en gedurende die wedstryd (40-7) ʼn rekord opgestel vir die meeste drieë deur ‘n speler in ʼn enkele wedstryd.

Wainui het tien keer vir die Maori All Blacks uitgedraf en 44 Superrugby-wedstryde vir die Waikato Chiefs gespeel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elmarie ·

Daar sal soveel vrae wees vir die familie. Slegs een voertuig met een persoon betrokke. Hoe kry mens antwoorde? Sterkte aan die familie

Misky ·

Inderdaad groot verlies vir NZ en wêreld rugby. Simpatie aan die familie en almal wie se lewens hy geraak het.

LeanetteS ·

The Māori All Blacks, previously called the New Zealand Māori, New Zealand Maoris and New Zealand Natives, are a rugby union team from New Zealand. They are a representative team of the New Zealand Rugby Union, and a prerequisite for playing is that the player has Māori whakapapa (genealogy). In the past this rule was not strictly applied; non–Māori players who looked Māori were often selected in the team. These included a few Pacific island players and a couple of African descent. Today all players have their ancestry verified before selection in the team.

The team’s first match was in 1888 against Hawke’s Bay.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.