Die Reserwebank in Amerika sal Dinsdag ‘n nuwe $100-noot in dié land vrystel.
Die nuwe noot is die eerste herontwerp sedert 1996 toe Benjamin Franklin se kop groter gemaak en ‘n nuwe watermerk bygevoeg is. Die ontwerp is reeds in 2010 aangekondig en sal hopelik vervalsers stuit met sy 3D-sekuriteitslint, ink wat van koperkleur na groen verander en ‘n goue “100” op die voorkant en agterkant van die noot.
Versamelaars van papiergeld is opgewonde oor dié nuwe noot en sal glo hulle hande diep in hul sakke steek vir nuwe note met ongewone reeksnommers.
Die note kos net minder as agt Amerikaanse sent (sowat 80c) om te vervaardig.
Soos wat hulle nou aangaan, gaan hulle een van die dae net Monopoly met die goed kan speel,
Lyk soos Monopoly geld