Nuwe aanklagte teen Ghislaine Maxwell

Ghislaine Maxwell op die Children’s Benefit Gala by die Capitale in New York in 2014. (Foto: Rob Kim/Getty Images/AFP)

Amerikaanse aanklaers het Maandag twee nuwe aanklagte teen Ghislaine Maxwell in die seksmisdaadsaak teen die Britse sosiale vlinder aanhangig gemaak.

Maxwell (59) is ʼn jarelange vriendin van die Amerikaanse miljardêr en finansierder Jeffrey Epstein en word daarvan beskuldig dat sy onder meer betrokke was by Epstein se sekshandel van minderjarige meisies. Sy ontken skuld.

Die nuwe aanklagte teen Maxwell voeg ʼn nuwe slagoffer by haar klagstaat en verleng die tydperk van haar beweerde oortredings.

Federale advokate het ʼn vervangende beskuldiging by ʼn New Yorkse hof ingedien en die aanklagte van sameswering van sekshandel en sekshandel met minderjariges bygevoeg, wat die aantal aanklagte teen Maxwell op altesaam agt te staan ​​bring.

Die aanklagte sluit ʼn nuwe slagoffer, waarna daar slegs as “Minor Victim-4” verwys word, in en verleng die tydperk van haar beweerde oortredings. Sy word beskuldig van oortredings tussen 1994 en 2004 nadat sy aanvanklik beskuldig is van beweerde seksmisdade wat tussen 1994 en 1997 plaasgevind het.

Die aanklagte is ernstiger as die vroeëre aanklagte wat verwys na die “verleiding” en “vervoer van minderjariges”.

Maxwell word ook in die gesig gestaar deur aanklagte van meineed wat verband hou met ʼn getuienis wat sy gelewer het in 2016 in ʼn lastersaak teen Epstein deur die beskuldiger Virginia Giuffre.

Maxwell, dogter van die eertydse koerantmagnaat Robert Maxwell, ontken dat sy meisies namens Epstein trakteer het. Epstein is in 2019 in die tronk dood terwyl hy verhoorafwagtend was.

Ghislaine Maxwell (links) en Jeffrey Epstein (regs). (Foto’s: Laura Cavanaugh/Handout/ verskeie bronne/AFP)

Sy is vroeër vandeesmaand vir ʼn derde keer borgtog geweier en bly in aanhouding in ʼn tronk in Brooklyn terwyl sy wag vir haar verhoor om later vanjaar te begin.

Aanklaers van die Southern District of New York beweer nou dat Maxwell Minor Victim-4 by Epstein se huis in Palm Beach in 2001 ontmoet het toe dié ongeveer 14 jaar oud was.

Volgens hofdokumente het Maxwell glo vir Minor Victim-4 voorberei om in verskeie seksuele dade met Epstein te verkeer.

Aanklaers beweer ook dat Maxwell die slagoffer aangemoedig het om “ander jong meisies te trakteer om geseksualiseerde masserings aan Epstein te bied”.

Die meisie het uiteindelik “verskeie vroue” gewerf, insluitende meisies jonger as 18.

Maxwell sal lewenslange tronkstraf opgelê word indien sy skuldig bevind word. Haar verhoor sal na verwagting in Julie begin, maar sal waarskynlik uitgestel word weens die Covid-19-pandemie en die jongste aanklagte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Androclus ·

Ag jammer vir haar as sy skuldige bevind word,maar elke daad het sy gevolge,sy moes daar aan gedink het.

Charles ·

ń Gaar lot wat nogal met bekendes skouer geskuur het, laat mens wonder..

Tanja ·

Ek sal nie verbaas wees as Maxwell ook dood in haar tronksel aan getref word soos Epstein nie. Hier is ń paar hoë profiel mense betrokke by die skandaal.

Wat op dees Aarde ·

Inderdaad. Tot ‘n sekere Britse prins word hierby betrek.

Rooikoos ·

Hier is baie prominente mense, insluitende in die politiek, wat haar baie graag sal wil stil maak.

Wat op dees Aarde ·

Moenie die Britse Koningshuis vergeet nie. Een van hulle prinse is ook hierby betrek.

FM ·

Vieslik, vrot.

Ons moet WÉÉT waarom die wêreld op die afdraande pad is.

Alle sonde is sonde. Jesus het gesê “wee die een wat ‘n kind laat struikel”

Elsabe ·

Ek dink sy is veiliger aan die binnekant van die tralie-hek. Buite gaan die doppies klink.

Deon ·

En hier word ons geliefde virus vir die soveelste maal gebruik om misdadigers se dag van verantwoording uit te stel

john ·

hOEKOM JAMMER wees vir haar as sy skuldig aan mense handel is moet sy boet dit kon jou dogter gewees het. Ek wonder waneer sy op n snaakse manier gaan selfmoord pleeg. Gly oor n nat kol????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.