Nuwe bloedtoets kan borskanker vyf jaar vooruit herken

'n Strikkie vir die borskankerbewusmakingsveldtog

‘n Strikkie vir die borskankerbewusmakingsveldtog

Deense navorsers maak daarop aanspraak dat hulle ‘n bloedtoets ontwikkel het wat twee tot vyf jaar voordat borskanker by ’n vrou manifesteer, reeds kan vasstel dat die siekte gaan ontwikkel.

Volgens die navorsers kyk hulle na hoe sekere chemikalieë hulle gedra. Die toets is in 80 persent van die gevalle akkuraat. Dit is meer akkuraat as die mammogram, wat volgens ‘n studie wat in 2014 gedoen is, nie in 2 000 uit 13 000 vroue die gewasse raakgesien het nie.

Soms gee die mammogram ook vals positiewe en moet ’n vrou deur die trauma van ’n biopsie gaan. Die Deense navorsers het oor ‘n tydperk van 20 jaar die data van byna 60 000 vroue ingesamel.

Sowat een uit agt Duitse vroue ontwikkel tydens hul leeftyd borskanker, berig die Duitse aanlyn-tydskrif, Focus Online. Die studie self is in die tydskrif Metabolomics gepubliseer.

Bronne: Focus Online,  NDTV Food,  Danish Cancer Society

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Blondie ·

Wonderlik! Wil net weet, hoelank gaan dit neem voor dit in ons land beskikbaar gaan wees. Teen die stadige tempo waarin ons land beweeg gaan ons geslag dit nooit sien nie. Jammer ne!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.