Nuwe bloedtoets vir kanker belowend

BloedtoetsNavorsers van die Universiteit van Bradford in Brittanje, het aangekondig dat hulle ‘n eenvoudige universele bloedtoets ontwerp het vir die vroegtydige opspoor van kanker.

Dié bloedtoets skakel die nodigheid van ingrypende ondersoeke soos kolonoskopieë en biopsies uit. Dit kan ook gebruik word om pasiënte te ondersoek wat vermoedelik kanker het wat moeilik opspoorbaar is. Kanker soos melanoomkanker, kolonkanker en longkanker sal nou met dié eenvoudige bloedoets vasgestel kan word.

Die navorsers het vasgestel dat daar ‘n beduidende verskil is tussen die skade aan die DNS van wit bloedselle van persone wat kanker het, teenoor die skade van mense wat kankervry is.

Die volledige mediaverklaring van die navorsers kan hier en hier gelees word.

Die navorsingsartikel is in die US Journal of the Federation of American Societies for Experimental Biology gepubliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Elizabeth ·

@nic van rensburg – ek stem SO saam. Van iemand wat al paar mense aan die dood moes afstaan agv kanker is daar entnie beter nuus nie. Ek ken so baie mense wat daaraan ly – dis asof mens meer en meer hoor van mense wat die aaklige siekte het terwyl, toe ek jonk was was dit ‘n geval van hier en daar hoor mens van dit. Die ergste is as klein kinders dit het – die behandeling is erg en hulle verstaan nie hoekom hulle soveel pyn moet hê nie. Mag hierdie deurbraak regtig groot welslae bereik

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.