Nuwe burgerskap vir Rus om Wimbledon toe te gaan

Natela Dzalamidze (Foto: Natela Dzalamidze/Facebook)

ʼn Russiese tennisspeler het ʼn Wimbledon-verbod op alle deelnemers van haar land omseil deur haar burgerskap na Georgië verander, aldus ʼn berig in The Times.

Natela Dzalamidze (29), ʼn dubbelspel-speler wat 44ste op die wêreldranglys is, sal in die vroue dubbelspel deelneem saam met Serwië se Aleksandra Krunic wanneer die toernooi op 27 Junie begin.

Die All England Club, wat Wimbledon organiseer, het in April aangekondig dat deelnemers van Rusland en Belarus verbied word om hierdie jaar deel te neem ná Rusland vroeër vanjaar Oekraïne binnegeval het.

ʼn Woordvoerder van die All England Club het egter aan The Times gesê hulle kan nie inmeng in Dzalamidze se besluit om van burgerskap te verander nie, omdat dit ʼn saak vir die Vrouetennisvereniging (WTA) en die Internasionale Tennisvereniging (ITF) is en dat sy aan alle vereistes vir deelname moet word.

“Deelnemers se burgerskap, wat gedefinieer word as die vlag waaronder hulle tydens professionele byeenkomste deelneem, is ʼn ooreengekome proses wat bestuur word deur die betrokke verenigings en die ITF,” het die woordvoerder gesê.

Wimbledon se verbod op deelnemers van Rusland en Belarus het groot reaksie uitgelok en die WTA en die ATP, die manlike eweknie, het die toernooi van rangpunte ontneem.

Nie een van die ander Grand Slam-toernooie het in Wimbledon se spore gevolg nie. Die Amerikaanse Ope het verlede week aangekondig dat deelnemers van Rusland en Belarus sal kan deelneem onder ʼn neutrale vlag.

Wimbledon se verbod het ʼn rits topspelers uitgeskakel, insluitend Daniil Medvedev, die wêreld se naasbeste manstennisspeler, en die huidige Amerikaanse Ope-kampioen Victoria Azarenka.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

Ek wens ek kan ook my burgerskap so maklik verander. Eks moeg van:
-Beurtkrag
-Swak vuil staatshospitale
-Lae standaard onderwys waar leerders onderwysers amper mag aanrand
-Swak of geen munisipale dienslewering
-Regstellende aksie en BEE
-Misdaad wat onbeheerbaar geword het
-Polisie en howe wat ‘n blinde oog draai teenoor wit mense wat slagoffers van misdaad is
-Lelike uitsprake teenoor wit mense vanaf politici

JohanR ·

Ek het drie nefies en ‘n nuggie wat in Duirsland en Engeland woon en word skoon jaloers as hulle vertel hoe hulle ‘n paar neweke ‘n jaar Italia, Frankryk, Austria, Switzerland, Belgie, Nederland ens vlieg, en die pond en Euro gaan ‘n lang lanG pad. Vandag R15.93c vir een dollar. As hulle Engeland na die VSA wil vlieg dan gee hulle vandag 1000 pond in dan kry hulle 1226 dollars.

Kiepie ·

Ek wil my nie uitspreek oor die reg of verkeerd van Wimbledon se besluit of die IOC se besluit om Rusland te skors na die dwelm-skandaal nie maar wat is die nut daarvan om te sê die land, sy sportbeheerliggaam en spelers (atlete) word geskort en dan steeds die spelers (atlete) toe te laat om onder ‘n “neutrale” vlag deel te neem? Is dit dan nie maar net window dressing om dit te laat lyk asof jy standpunt ingeneem het nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.