Nuwe gedenktuin vir Diana beplan

Prinses Diana en haar twee seuns, William en Harry

Prinses Diana en haar twee seuns, William en Harry

Die hertog van Cambridge en sy broer, prins Harry, ondersteun planne vir ʼn nuwe gedenktuin vir hul ma, wyle prinses Diana.

Die tuin sal volgende jaar ingerig word by die Kensington-paleis vir die 20-jarige herdenking van die prinses van Wallis se afsterwe.

Besonderhede van die huldeblyk is bekend gemaak een dag ná prins Harry in ʼn onderhoud met ʼn Amerikaanse televisieprogram gesê het hy en sy broer sal alles doen “om seker te maak dat sy nooit vergeet word nie” en “al die spesiale gawes wat sy gehad het te laat voortleef”.

“Ek hoop baie van my ma se talent wys in die werk wat ek doen,” het hy gesê.

Die tydelike tuin is die breinkind van die Historic Royal Palaces, die liefdadigheidsorganisasie wat algeheel verantwoordelik is vir Kensington-paleis, maar ʼn bron het gesê die prinse word op hoogte gehou van verwikkelinge.

Daar is nog huldeblyke vir Diana in Londen, waaronder die 11 km lange gedenkwandelpad en die Diana-gedenkfontein.

ʼn Woordvoerder van die liefdadigheidsorganisasie het die planne bevestig, maar gesê daar is nog nie enige besluit geneem oor die ontwerp nie.

Diana is in 1997 in die ouderdom van 36 skielik in ʼn motorongeluk oorlede saam met haar kêrel, Dodi Fayed.

Lees meer: The Mirror, Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Henk ·

Dianna, een van die mooiste vroue wat in my leeftyd geleef het. Die Britse Koningshuis was indirek aandadig aan haar dood. Die prinse weet dit, maar is ook gevangenes van hulle erfenis.

BOLANDER ·

Henk, ek kan nie meer saam met jou stem nie. Jy is 100% reg. Baie ware woorde. Dit is eintlik baie hartseer.

Maria van Dieweeck ·

Henk 100% reg met albei punte , oor haar skoonheid en haar einde. Dieselfde bloeddorstige koningshuis wat meeste van ons probleme as Afrikaners veroorsaak het, het haar laat uitwis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.