Nuwe hoop vir migrainelyers

migraineDie uitslae van toetse op twee nuwe belowende middels wat eerder migraine voorkom as die simptome aanspreek, word by die 66ste Kongres van die Amerikaanse Akademie vir Neurologie bekend gestel.

Die kongres vind van 26 April tot 3 Mei plaas, maar die uitslae van die toetse is reeds in ‘n  mediaverklaring bekend gestel.

Die een middel is op 163 mense getoets wat aangedui het dat hulle gemiddeld tussen vyf en 14 dae per maand migraine het. Na 24 weke het dit geblyk dat die mense ongeveer die helfte minder migraine gekry het, en 16% het geen migraine oor die periode ervaar nie.

Altesaam 217 mense, wat tussen vier en 14 dae per maand migraine kry, het aan die tweede middel se toets deelgeneem, en het soortgelyke resultate opgelewer. Newe-effekte is as onskadelik beskryf.

Nog meer toetse moet gedoen word om die uitslae tot dusver te bevestig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann ·

Al 380 van die evageslag was hier die proefkonyn. Wanneer die produk op die mark kom moet julle maninne dit so spoedig as moontlik kry. Maak dit dan ‘n leefwyse om dit getrou te gebruik want dit sal die hormoon probleem heel skaflik oplos.

Trippie ·

Genade Johann, wat het jy teen die eva’s geslag ? Mans kry ook “pms”. ;)

Johann ·

Tel die waterringvlekke van die opgeloste disprinwater op jou bedkassie, Trippie.
Dit is wat ONS, die adamgeslag teen die evageslag het.
Tong-in-die-kies.

Trippie ·

Lekker lag ek nou vir jou. Gelukkig het ek nie ‘n man nie, dus ook geen pilletjies vir my nie – LOL.

Johann ·

Gelukkig sê jy. Ek weet van manloses wat ‘n bleek gelaatskleur het en wat nors lyk. Dr Johann sê dit kan toegeskryf word aan ‘n hormoon wanbelans. Dit kan op ‘n baie goedkoop indien nie gratis manier genees word. My konsultasie m.b.t hierdie mediese advies het aan ‘n einde gekom.
Alle beterskap Trippie.

Trippie ·

Hehe – goed om te trou, maar beter om nie te trou.

Dankie Dr Johann vir die advies en glimlag op my gesig, en ek lag steeds (dus is ek NIE ‘n nors bleeksiel nie hoor) ;)

Die lewe is soms wat mens self daarvan maak – ek is gelukkig in my hart en siel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.