Nuwe liefde vir Dewani ná hy vrygespreek is van moord

Shrien Dewani en Gledison Lopez Martins (Foto: Shrien Dewani, Instagram)

Die familie van die vermoorde Anni Dewani het hul skok uitgespreek nadat dit aan die lig gekom het haar wewenaar het ʼn verhouding met ʼn man aangeknoop, minder as vier jaar nadat hy vrygespreek is op aanklag dat hy haar tydens hul wittebrood vermoor het.

Dewani (38) het vakansie gehou in Ibiza en Indië met die Brasiliaanse fotograaf Gledison Lopez Martins. Hy het sy nuwe liefde op sosiale media bekend gemaak.

“Hy het Mumbai met sy nuwe kêrel besoek en dit is vir ons baie erg. Dit is waar hy en Anni getroud is,” het Vinod Hindocha, Anni se pa, gesê. “Ek het gedink hy sou dié plek in sy hart bewaar vir dié spesiale herinnering.”

Dewani is in 2014 vrygespreek op aanklag dat hy die meesterbrein was agter Anni se moord tydens hul wittebrood in Suid-Afrika.

Op die eerste dag van sy moordverhoor het Anni se niksvermoedende familie gehoor hoe hy getuig dat hy manlike prostitute gehuur het.

Volgens hulle sou die 28-jarige Anni nooit met hom getrou het as sy bewus was van sy seksualiteit nie.

“Ons sal Anni nooit terugkry nie en sal nooit daaroor kan kom dat ons ingestem het dat sy met hom trou nie. Ons mis haar elke minuut van elke dag,” het Hindocha bygevoeg.

Shrien en Anni Dewani (Foto: Facebook)

Anni se oom Ashok het gesê Shrien het nog nooit ná die voorval met die familie gesels nie. “My broer Vinod (Anni se pa) verdien om van sy skoonseun te hoor en hoe hy in staat is om aan te gaan met sy lewe. Ons het nog niks van hom gehoor nie. Ons aanvaar dat hy Anni nie vermoor het nie, maar hy het vir ons gelieg en ʼn baie geheime gay lewe gelei. Hy is ʼn verskoning aan ons verskuldig.”

Anni is op 13 November 2010 tydens ʼn rooftog in Suid-Afrika doodgeskiet kort ná haar troue met Shrien. Drie mans, Zola Tongo, Mziwamadoda Qwabe en Xolile Mngeni is gevonnis vir hul rol in haar moord. Hulle het beweer Dewani het die kaping gereël waartydens hy sou oorleef, maar sy vrou doodgeskiet sou word. ʼn Regter het egter hul getuienis verwerp en die saak is uit die hof gegooi voor Dewani kon getuig. Die hofsaak het nagenoeg vier jaar lank gesloer terwyl Dewani probeer het om sielkundige probleme te oorkom.

Dewani en die Brasiliaanse fotograaf is al 18 maande lank in ʼn verhouding.

Een van Dewani se homoseksuele minnaars, is in 2016 dood aangetref in sy woonstel in Birmingham, Engeland. Leopold Leisser (45), wat as manlike prostituut ook as “The German Master” bekend gestaan het, se liggaam is op 13 September deur ʼn vriend gevind. ʼn Polisie-ondersoek het daarop gedui dat Leisser homself gehang het.

Leisser het volgens berigte aan erge stres gely ná die moordverhoor teen Dewani in 2014. Hy het tydens Dewani se moordverhoor getuig hy is £400 per sessie betaal voordat Dewani met Anni getroud is. Hy het beweer Dewani het hom in 2009 deur sy webtuiste, GermanMaster1, gekontak en hulle het mekaar drie keer ontmoet.

Lees alle vorige berigte oor Shrien Dewani op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

John ·

Dis ou nuus. Gedurende die saak is sulke beweringe gemaak en allerhande stories het in die pers verskyn. Dewani se ouers is glo baie vernaam en bly in herehuis in Brittanje. SA was ongelukkig die sad venue vir die gebeure. Een van die talle sake waarin misdadigheid in die land die skuld kry.

Magaretha van heerden ·

We live in the UK All I want to say is be very careful with this one. He got away once. He will get away again. The Justice system in SA did not do the world a favour.

Yes, we know ·

Yes, we know can you please tell the world that it is the government and the justice system in RSA. Most of the whites are duffering due to the goverment that the world wanted to have in RSA. So the world must help change it

Henk du Toit ·

Solank hulle net nie in SA kom wittebrood hou nie glo ek die nooi van hom is veilig. Wonder net waarom die man nie met die skoonfamilie praat nie?

leser ·

dewani, bly net weg uit suid afrika, jys “bad news”
anni is ook dood met dewani in die omtrek,
leopold leisser is ook dood “aangetref”,
martins moet maar ligloop, dewani is naby hom

koos ·

Dewani se wonderlike nuwe liefde gebruik hom waarskynlik net om Britse verblyfreg en later burgerskap te kry. Ek weet van talle sulke gevalle.

AH ·

Dewani is ‘n goeie voorbeeld van hoe SA se regstelsel en polisie ons gefaal het………….daar was net té veel dinge wat nie gerym het nie…………..

lewies ·

Politiekekorrektheid vernietig die waarheid oor baie dinge in ons land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.