Nuwe ‘membraan’ ontsout seewater; herwin litium

Die kristalle wat litium van seewater kan skei (Foto: CSIRO/Facebook)

’n Nuwe “membraan” bestaande uit besondere kristalle, wat die koste van die ontsouting van seewater veel goedkoper kan maak, is deur Amerikaanse en Australiese wetenskaplikes ontwerp.

Die materiaal staan as “metal-organic frameworks” (MOFs) bekend en is eerder ’n aantal kristalle wat oor die eienskap beskik om water en litium van soutwater te skei.

Anders as met bestaande membrane wat vereis dat die seewater met elektrisiteit teen hoë druk en dus groot koste daarteen gepomp word, is die gebruik van pompe in die geval van die MOF’s onnodig.

Boonop kan die membraan ook litium-ione uit die seewater herwin. Op die oomblik word dit teen hoë koste aan land gemyn. Litium is volop in seewater.

Litium is ’n ligte stof en word al hoe meer in batterye gebruik omdat dit so lank hou. Dié eienskappe maak dit ’n gewilde materiaal vir die vervaardiging van batterye wat in die ruimte gebruik kan word.

Inligting oor dié membraan het oorspronklik in die joernaal Science Advances verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

wraggies ·

Baie interessant, kan dalk die motorbedryf ook baat wat batterye aanbetref.

PJC ·

Die mister van waterwese sal nie belangstel in enigiets as die tender nie aan die regte “buddies” toegeken word nie al is hierdie tegnologie ook onmiddellik beskikbaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.