Nuwe oorlog tussen Israel en Hamas op hande

Benjamin Netanyahu (Facebook)

Benjamin Netanyahu (Facebook)

Israel het 40 000 reserviste opgeroep vir ‘n grondoffensief om die Gasastrook in te val om stabiliteit vir Israelse burgers in die suide van die land te verseker, die militêre kapasiteit van Hamas te vernietig en die terroriste se infrastruktuur te vernietig, aldus ‘n militêre communiqué van Israel.

Intussen reën die vuurpyle en mortiere uit die Gasa op Israel. Ook Jerusalem en Tel Aviv het onder skoot gekom, hoewel heelwat van die missiele afgeskiet word. In Jerusalem is ‘n huis vernietig.

Israel het ook beeldmateriaal vertoon van Hamas-paddamanne wat die land via die see probeer inval het, maar op die strand waar hulle aan wal gekom het, platgeskiet is.

Intussen beskuldig Hamas Israel daarvan dat sy weerwraak-aanvalle op Palestynse teikens in die Gasa, hoofsaaklik kinder- en ander burgerlike slagoffers eis.

Kenners wys daarop dat Israel se beplande inval, die grootste in twee jaar, nie so eenvoudig is nie. Dit beteken dat tienduisende vuurpyle en mortiere in besit van Hamas vernietig sal moet word. Hamas se duisende soldate moet ook mee plan gemaak word.

Die jongste vyandelikhede het begin toe vermoedelike Hamas-ondersteuners drie jong Israeli’s ontvoer en vermoor het, en radikale Jode uit weerwraak ‘n jong Palestyn ontvoer en vermoor het.

Klik hier om ʼn verklaring deur Benjamin Netanyahu, Israel se eerste minister, te lees.

Bronne: Trouw, De Standaard, Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

martie ·

Dis so hartseer want aan beide kante is onskuldige gewone mense maar hule lewens word verwoes deur ekstremiSte.

AmY ·

Volke veg teen volke, een broer teen die ander,
wit teen swart en swart teen wit dit het nog nooit verander.
En soveel mense wêreldwyd leef steeds in hongersnood
En atoombomme en vigs en aborsies maak steeds miljoene mense dood
En die dwaasheid van die mensheid word wysheid van die uur.
En strome vuil besoedeling vernietig die natuur.

Het net aan hierdie liedjie gedink toe ek die berig lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.