Nuwe soekgebied vir vermiste vliegtuig

malaysia airlinesSkepe vaar Saterdag na ʼn nuwe soekgebied om moontlik wrakstukke van ʼn vliegtuig van Malaysia Airlines, wat drie weke gelede verdwyn het, op te spoor.

Die vliegtuig het verdwyn kort nadat dit by Kuala Lumpur opgestyg het.

ʼn Toestel wat help om die vlugopnemers op te spoor, is op ʼn Australiese skip en op pad na vyf ander skepe in die soekgebied.

Vyf van die 10 vliegtuie wat Vrydag uit Perth opgestyg het, het moontlik oorblyfsels van die Boeing 777-200 gesien. Dit is die eerste keer dat iets raakgesien is nadat die soektog sowat 1 000 km noord na ʼn gebied, 1 680 km wes van Perth, verskuif is.

Die soekgebied is verskuif nadat data-analiste gesê het die vliegtuig het vinniger gevlieg as wat aanvanklik gedink is, en kon moontlik vroeër reeds brandstofprobleme ondervind het, wat beteken dat die wrakstukke moontlik verder noord sou wees. Vliegtuie kan nou langer oor die water soek, aangesien die soekgebied nader aan Perth is. Die see in dié gebied is boonop kalmer en nie so diep nie.

“Ons moet nie die moeilikheidsgraad van die werk onderskat nie,” het Eerste Minister Tony Abbott in Perth gesê. “Dit is onbegaanbare see. Ons probeer klein wrakstukkies in ʼn groot oseaan opspoor.”

Australië se maritieme veiligheidsowerheid het in sy jongste verklaring gewaarsku dat talle waarnemings vroeër vals was. “Dit is nie duidelik hoeveel opdrifsels gewoonlik in die gebied voorkom nie,” het AMSA gesê. Die agentskap, wat die soektog namens Maleisië beheer, het slegs ʼn week oor om die vliegtuig se vlugopnemers op te spoor voordat die batterye pap is en dit nie meer seine uitstuur nie. -SAPA

Lees ook:
Soektog na vermiste vliegtuigwrak duur voort
Malaysia Airlines betuig meegevoel met naasbestaandes
Vermiste vliegtuig het neergestort; almal aan boord oorlede
Vermiste vliegtuig: Noodvergadering belê
Vermiste vliegtuig: Frankryk verskaf ook satellietbeelde
Vermiste vliegtuig: Nog satellietbeelde van drywende voorwerpe
Nog geen teken van wrakstukke van vermiste vliegtuig
Wrakstukke van vermiste vliegtuig moontlik gevind
Maleisië sê vermiste vliegtuig is gekaap
Maleisië ontken vermiste vliegtuig het aanhou vlieg 
Olieboor-werker sê hy het vermiste vliegtuig gesien
Vermiste Boeing: Passasiers se selfone lui; vliegtuig steeds soek
Vermiste Boeing: “Vreemde voorwerp” opgemerk
Misterie om verdwene Maleisiese passasierstraler verdiep
Vermiste Boeing dalk gekaap
Vermiste vliegtuig het in see gestort; 239 vermis, bevestig Viëtnam
Boeing met 239 passasiers vermis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Matt Heyns ·

Boeing last week received a US patent for a system that, once activated, removes all controls from pilots to automatically return a commercial airliner to a predetermined landing location. The “uninterruptible” autopilot would be activated – either by pilots, by onboard sensors or even remotely via radio or satellite links by government agencies like the Central Intelligence Agency, if terrorists attempt to gain control of a flight deck. Boeing says: “We are constantly studying ways we can enhance the safety, security and efficiency of the world’s airline fleet.”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.