Nuwe spinnekopspesie kry naam uit ‘Harry Potter’

harry-potter-spinnekopWetenskaplikes in Indië was so betower deur die ontdekking van ʼn nuwe spinnekopspesie dat hulle dié agtpotige gedierte ʼn naam uit die Harry Potter-reeks gegee het.

Die driehoekige spinnekop lyk soos die sogenaamde “sorteerhoed” in die Harry Potter-reeks. Dié hoed word gebruik om te bepaal in watter huis leerders geplaas word by die Hogwarts School.

Dié spinnekop heet Eriovixia gryffindori. Die gryffindori verwys na Gryffindor-huis, die huis wat die sorteerhoed vir Harry Potter kies op sy eerste dag as Hogwarts-student.

JK Rowling, skrywer van die Harry Potter-reeks, het gesê sy is baie geërd dat dié spinnekopspesie na haar boeke genoem is.

Indian Journal of Arachnology beskryf Eriovixia gryffindori as ʼn “klein, nagtelike Arachnide wat skuiling neem in gedroogde blare en snags dié blare naboots”.

Die spinnekopspesie is omtrent so groot soos ʼn halwe pinkienael. Die spinnekoppe eet insekte en kleiner spinnekoppe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.