Nuwe studie: Halfmiljoen het in ‘oorlog teen terreur’ gesterf

Hierdie kinderslagoffer van ’n motorbomontploffing in Kirkuk in 2011 was een van ’n geraamde 500 000 slagoffers van die sogenaamde oorlog teen terreur. Foto: Wikipedia

Honderdduisende mense in Afganistan, Irak en Pakistan het gesterf weens die Verenigde State se sogenaamde oorlog teen terreur ná die aanvalle op 11 September 2001, volgens ʼn nuwe ondersoek.

In die verslag wat deur die Brown-universiteit se Watson-instituut vir internasionale en openbare aangeleenthede gepubliseer is, word die dodetal op tussen 480 000 en 507 000 geraam, berig Al Jazeera. Dit sluit burgerlikes, gewapende vegters, plaaslike polisie en veiligheidsmagte in sowel as Amerikaanse en geallieerde troepe.

Volgens die verslag is tussen 182 272 en 204 575 burgerlikes in Irak om die lewe gebring, 38 480 in Afganistan en 23 372 in Pakistan. Byna 7 000 Amerikaanse troepe is in dieselfde tydperk in Irak en Afganistan dood.

Maar in die verslag erken die skrywer die dodetal is ʼn onderskatting weens die beperkte verslagdoening van sterfgevalle en die groot onsekerheid wat gewoonlik heers wanneer die dodetal in ʼn oorlog bereken word.

“Ons sal dalk nooit die finale dodetal in hierdie oorloë weet nie,” skryf Nera Crawford, die skrywer van die verslag met die titel “Human Cost of the Post-9/11 Wars: Lethality and the Need for Transparency”.

“Tienduisende burgerlikes is byvoorbeeld moontlik dood tydens die terugname van Mosoel en ander stede van die IS, maar hul liggame is waarskynlik nog nie gevind nie.”

Die Brown-universiteit sê in ʼn verklaring die nuwe dodetal is meer as 110 000 meer as die vorige raming, wat sowat twee jaar gelede in Augustus 2016 uitgereik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Sanet

11 September 2001

B

Is daar nie ook soveel moorde in SA gepleeg sedert 94 nie?

Jack Klok

Die opskrif en inleidende sin van die berig is bevooroordeeld. Dit skep die indruk dat as die VSA nie oorlog verklaar het teen terreur nie all hierdie sterftes nie sou plaas gevind het nie. Dis tipiese Linkse fopnuus. Die waarheid is dat radikale Islam het oorlog verklaar teen die Westerse nasies omdat hulle Israel staande hou teen die haat wat Islam teen alles en almal het wat hulle nie aan Islam onderwerp nie. Hierdie oorlog het al voor 1948 begin en het nog nooit opgehou nie. Ek is verbaas dat Maroela hierdie berig geplaas het. Wat is die doel daarvan?… Lees meer »

Staak saam

Hiersie is n baie swak artiekel, die VSA was nog altyd baie duidelik oor die oorlog teen terreur na die WTC aanval, ek kan nie verstaan hoekom dit nou die “SOGENAAMDE” genoem word nie, het die skrywer inligting wat nie openbaar is nie?

In Amerika

Die oorlog het begin toe amper 3000 mense insluitend kinders so jong soos twee in ‘n paar uur vermoor was in New York tydens 9/11. Hierdie tipe terreur is klein in vergelyking met wat die terroriste sal doen as mens hulle net uit los. So hartseer soos wat oorlog is daar is ‘n tyd vir oorlog. Daardie was so ‘n tyd.