Nuwe toestel kan padwoede voorkom

Padwoede1Navorsers by die École Polytechnique Fédérale de Lausanne (EPFL) het ‘n toestel ontwerp wat sewe verskillende emosies van ‘n motorbestuurder se gesig kan “lees,” en so kan vasstel wanneer die bestuurder geïrriteerd raak en die gevaar loop om in ‘n padwoedebui te verval.

Die toestel bestaan uit ‘n infrarooi kamera wat agter die stuurwiel gemonteer is. Die sewe emosies wat “gelees” kan word is vrees, woede, vreugde, hartseer, afkeer, verbasing en wantroue.

Die navorsers meen die tegnologie kan ook baie behulpsaam in verskeie ander beroepe wees, soos in die mediese wetenskap.

Die volledige artikel in die Daily Mail kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.