Nuwe veilige WhatsApp-boodskappe

Skermskoot van die kennisgewing wat WhatsApp-gebruikers op 5 April 2016 ontvang het

Skermskoot van die kennisgewing wat WhatsApp-gebruikers op 5 April 2016 ontvang het

WhatsApp-gebruikers het Dinsdag ʼn kennisgewing op dié boodskapdiens ontvang dat alle boodskappe en WhatsApp-oproepe nou beveilig word.

Jan Koum en Brian Acton, die stigters van WhatsApp, het Dinsdag in ʼn verklaring bevestig die maatskappy maak van nuwe tegnologie gebruik om seker te maak jou privaat kommunikasie word beskerm. “Elke keer wanneer jy en jou kontakte van nou af die jongste weergawe van die app gebruik, word elke oproep wat jy maak, elke boodskap, foto, video, lêer of stemboodskap wat jy stuur, outomaties beskerm, insluitend groepboodskappe.”

Apple was die afgelope ses weke met die FBI in ʼn regsgeding gewikkel omdat die Amerikaanse regering toegang wou bekom tot ʼn iPhone wat deur ʼn massaskieter gebruik is. Maatskappye soos Facebook en Microsoft het Apple in hul teenkanting gesteun. Volgens dié maatskappye word almal se sekuriteit in gevaar gestel indien owerhede veiligheidskenmerke van tegnologieprodukte kan omseil.

Die geskil oor die enkripsie van toestelle bly onopgelos, en daarom is dié besluit deur WhatsApp, om kommunikasie op die app te beveilig, van groot belang.

Danksy die nuwe enkripsiefunksionaliteit word boodskappe onleesbaar wanneer dit die versender se foon verlaat en dit kan slegs deur die ontvanger se toestel gelees word. Dit beteken boodskappe kan glad nie gelees word indien owerhede of misdadigers dit wou onderskep nie.

“Die idee is eenvoudig: wanneer jy ʼn boodskap stuur, kan slegs die persoon of groep waarheen die boodskap gestuur is, daardie boodskap lees,” verduidelik Koum en Acton. “Niemand anders kan die boodskap sien nie. Nie kubermisdadigers, kuberkrakers of onderdrukkende regerings nie. Selfs nie eers ons nie.”

WhatsApp-gebruikers wat die jongste weergawe van die app gebruik, is Dinsdag in kennis gestel oor die verandering indien hulle ʼn boodskap na iemand gestuur het. Die verstelling is outomaties aangeskakel.

“Meer as ʼn miljard persone gebruik WhatsApp om in kontak te bly met hul vriende en familie dwarsoor die wêreld. En nou kan elkeen van daardie persone vry en veilig op WhatsApp gesels,” het Koum en Acton bygevoeg.

Lees meer oor dié enkripsie-tegnologie

Skermskoot van die kennisgewing wat WhatsApp-gebruikers op 5 April 2016 ontvang het

Skermskoot van die kennisgewing wat WhatsApp-gebruikers op 5 April 2016 ontvang het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gesiggie ·

Baie goeie idee, ek het alreeds die watsup boodskap ontvang, daar is te veel skelm in die lewe, en almal wil altyd alles van almal weet”daarom geniet ek Watsup, want Facebook is n Evil…. dankie aan die mense vir die slim plan. Daar is baie slim mense daar buite wat aller maniere sal vind om al jou persoonlikke inligting te kry”’ maar met Watsup is ek nou Secured

Phumba ·

Dis baie goed, ten minste kan “Big Brother/ Gestapo” nou nie meer maklik toegang tot privaat kominikasie kry nie. Nou moet die gewone gebruiker net leer om hul verstand te gebruik en niks inkrimineerend/ rassisties te stuur nie.

Nou wonder ek net of Maroela hulle lesers se inligting beskerm?

Otter ·

Vindingryke vooruitgang, maar net jammer skelms kan nou ook slinkser planne kommunikeer sonder dat die owerhede dit kan fnuik en wie ly – ek & jy!

José van Dyk ·

Ek het nie so n boodskap gekry nie. Ek het n nuwe Galaxy S6

Liza ·

Hi Jose, dit gaan nie oor watter tipe foon jy gebruik nie maar oor of jy die nuutste weergawe van die app het. Gaan download die nuwe Whatsapp toepassing en dan sal jy reg wees.

Johann ·

Ek het ook nog nie hierdie boodskap ontvang nie. Moet ek WhatsApp weer aflaai? Ek het die Galaxy A5. Behalwe dat dit outomaties op die foon aktiveer word.

neelsie ·

Kry nie whatsapp toep afgelaai nie.
‘tap download to get latest version’
Sel aanvaar nie…het die toep vir lank gebruik.
Hoe gemaak?

Liza ·

Julle sê “die verstelling is outomaties aangeskakel”, wat verhoed hulle dus om die verstelling outomaties af te skakel? Kubur gesprekke bly maar vir my ‘n skeptiese, versigtig trap omgewing!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.