Nuwe wending ná gholfspeler se vrou hom aanrand

Lucas Glover in 2016. (Foto: AP Photo/Chuck Burton/File)

Lucas Glover in 2016. (Foto: AP Photo/Chuck Burton/File)

Die opspraakwekkende aanrandingsaak teen die voormalige Amerikaanse Ope-kampioen Lucas Glover se vrou, Krista, het Woensdag ʼn nuwe wending geneem toe sy die skuld vir die voorval, waartydens sy glo haar man en sy 62-jarige ma aangerand het, op haar skoonma gepak het.

The Guardian berig dat Krista glo haar man en sy ma aangerand het nadat ʼn onderonsie tussen hulle ontstaan het oor Glover se spel tydens die Spelers-kampioenskap op TPC Sawgrass in Florida.

Volgens ʼn verklaring deur die polisie het Glover gesê sy vrou het ʼn gewoonte om rusies te begin wanneer hy swak gespeel het. Luidens dieselfde verslag het Krista, wat glo “deur die dag gedrink het”, op “Glover begin skree voor hulle kinders en sy ma”.

Krista, wat Saterdagaand in hegtenis geneem is, is na die St. John’s County-selle geneem en is die volgende oggend op borgtog van $2 500 vrygelaat. Sy word aangekla van huishoudelike geweld en verset teen die polisie sonder geweld.

In Krista se aanvanklike oproep kan daar gehoor word hoe sy die voorval op Glover se ma blameer, maar wanneer owerhede terugskakel, sê Glover aan hulle “sy vrou het mal geword”, berig die Washington Post.

Krista en Lucas Glover. (Foto: Facebook/Krista Glover)

Krista en Lucas Glover. (Foto: Facebook/Krista Glover)

Later die aand, by die paartjie se huurhuis in Ponte Vedra Beach waar die Players-toernooi plaasvind, het Krista glo ʼn fisieke onderonsie met haar man begin. Luidens die polisieverslag het Glover gesê toe sy ma probeer tussenbeide tree, het Krista haar “woede en die onderonsie” van hom af na sy ma verskuif. Glover se ma het glo veelvuldige wonde aan albei haar arms opgedoen. Daar was ook “bloed op haar klere en vel”.

“Lucas het gesê Krista tree gereeld so op en begin gereeld rusies, maar dat sy dit nog nooit voor sy ma gedoen het nie,” lui die polisieverslag.

Volgens die verslag het Glover aangevoer dat Krista hom as ʼn “verloorder” uitkryt wanneer hy nie goed vaar tydens kampioenskappe nie. Hy het glo ook Saterdagaand aan sy skoonpa gesê dat Krista gereeld vir hom sê “hy beter wen of sy en die kinders gaan hom los, en dat hy nooit weer sy kinders sal sien nie”. Glover en sy vrou het twee kinders, ʼn tweejarige seuntjie en ʼn dogtertjie wat Maandag vyf jaar oud geword het.

In die noodoproep na 911 het Krista aan die operateur gesê: “Ek is deur my skoonma aangeval… Sy is in trane en het haarself in die kamer toegesluit en sy het ons aangeval,” het TMZ Sports berig.

Toe die St. John’s County-kantoor egter na die Glovers se woning terugskakel, het Glover die foon geantwoord. “Ja, haai, ek dink ons het die lyne gekruis hier. Dit is die man, die een van gesonde verstand tussen die spul.

“My vrou het julle gebel… Nou probeer sy dit op my ma blameer, wat glad nie die geval is nie. My vrou het mal geraak,” het Glover tydens die oproep gesê.

Glover het daarna aan die polisielede gesê hy dink nie dit is nodig dat iemand uitgestuur word na die toneel om dit te ondersoek nie, maar is deur die owerhede ingelig dat iemand reeds op pad is “om seker te maak dat alles reg is”.

Toe die operateur met Krista wou praat, het hy aan haar gesê: “Nee, jy kan nie. Sy is in die huis saam met my dogter en wanneer die owerhede hier kom moet hulle met die man gesels – dit is ek – want hierdie ander twee is van hulle koppe af op die oomblik.”

Toe die operateur verduidelik dat sy met Krista moet praat omdat sy die aanvanklike noodoproep gemaak het, het Glover gesê: “Wel, sy gaan vir julle lieg. Dit is wat ek vir julle sê. Dit is hoekom ek die foon geantwoord het. Sy vertel leuens, niks daarvan is waar nie.”

Toe Krista weer terug op die foon was, het sy nie direk reageer op versoeke vir haar naam nie. Nadat polisiebeamptes haar hande in boeie gesit en haar na die patrolliemotor gelei het, het sy probeer om “haar bene en voete om die raamwerk van die motor te drapeer”. Sy het glo in die motor “begin skree” en skade aan die motor gerig deur “die deur van die agterste sitplek te skop”.

“Dit is hoekom polisiebeamptes in die gesig geskiet word,” het Krista glo geskree. “Wag tot die Toer hiervan hoor, jy sal jou werk verloor. Wag tot ek met die regter gesels, jy sal f****n afgedank word hiervoor!”

Glover het Dinsdag in ʼn verklaring op sy Twitter-rekening gesê dit gaan goed met almal. “Ongelukkig, alhoewel Krista aangekla is, is ons gemaklik dat die regstelsel in staat is om aan te spreek wat werklik gebeur het en dat Krista kwytgestel sal word tydens hierdie private aangeleentheid.”

Krista moet 31 Mei in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Denise ·

Ek gee nie om wat sy vrou gese , geskree het nie maar om haar t beledig is uiters swak hy is natuurlik n engeltjie !!!!!!

Waaaat?! ·

Dis die probleem met vroumense. Hulle dink omdat hulle vroumense is kan hulle doen en sê wat hulle wil, want n MAN mag mos niks aan hulle doen nie. Want hulle is VROULIK en more dan tantrum hulle weer hulle soek gelyke regte en is mos gelyk aan (if not better) mans.
Nee man! Party vrouens lok mans uit…
Ps: ek is self n vrou

Rupert Ashford ·

Waaaat? – jy gee my moed. As daar nog mense is wat met hulle gesonde verstand dink dan is daar nog ‘n toekoms.

Liezl ·

Sjoe, sulke gedrag hoort nie by ‘n dame nie. As sy so voortgaan, sal sy nie die voorreg hê om haar kinders groot te maak nie.

Cherokee ·

My opinie is tweevoudig:
1. Sjoe, sy’s lieflik!
2. Hy sal moet gholflesse neem.

wraggies ·

Jy sal harder moet oefen om BAIE GELD te wen om jou vroutjie tevrede te stel ou Lucas.

Sinies ·

Die oumense het ‘n Gesegde gehad: “Bo blink; onder stink”

bollie wollie ·

If you want to be happy for the rest of your life make an ugly woman your wife. Moet glad nie vrou vat nie is nog beter.

PJC ·

Ek hou van jou kommentaar Cherokee maar onthou wat die baie bekende liedjie van ene Lopez sê. “If you want to be happy for the rest of your life dont make a pretty woman your wife”.

Laurika ·

My opinie – en ek is geregtig daarop. As ‘n vrou haar hand eerste vir haar man lig, is sy nie meer ‘n vrou in my oë nie. Dan moet hy haar maar terug pakslae gee. Sies man, ek as vrou kry skaam vir sulkes.

Skyspy007 ·

….”n vrou is daar om ge-respekteer te moet word. Sy moet werdig wees om ge-respekteer te word.In die geval, gaan gee jou man iets om te respekteer. Jou gedrag dame…..STINK!!!!

Ronel ·

@Laurika. EK stem saam met jou. AS j vir bollie soek gaan jy bollie kry, Punt.

Force ·

My ex vrou was ook so,,,dis hoekom ek haar geskei het en vandag het sy absoluut niks nie…!!

Dorothea ·

Die Skoonma meng te veel in en sy is die oorsaak. Los vir boetie en gaan aan met jou eie lewe. Boetie jy is nie met jou ma getroud nie.

Het ook n skoonma in huis ·

Ek ook n skoonma in ons huis, soms moet ek bitter hard op my tande byt om nie van my kop af te raak nie, stem nie met dit dat sy haar man afkraak nie, maar HEL n skoonma in die huis… NOT GOOD

Oom Kalahari ·

@ Laurika, pragtig gestel en voel ook soos jy. Was al paar keer saam seun en skoondogter met samekoms, braai of vakansie en dan tree sy ook op soos ‘n viswyfie. Sy sal hom voor ander mense of vriende in die gesig klap, skop en uitdagend wees. Dit is maar hard vir ‘n ouer om jou in te hou, maar hy moet al die vernedering deurgaan voor mense. Nee kyk ek het alle respek vir ‘n vrou en so groit geword, maar as sy so met my moet optree sal ek selfbeheersing verloor en die sitkamer na die kombuis skuif en die slaapkamer na die badkamer. Daar is iets soos ordentlike verskille en opinies en wedersydse respek tot mekaar.

Raad ·

Miskien moet sy maar die een wees wat gholf speel. Aan die anderkant weer moet sy maar liewer nie ‘n gholfstok in die hande kry . . .

ChrisE ·

Ek kan nie glo wat ek van party van die kommentare lees nie. Ek was as jong ongetroude in ‘n verhouding waar ek die “slagoffer” was agv my eie slapgatgeit. Ek is afgekraak, verkleineer, verneder en sielkundig uitgemergel. Ek het vinnig van die dame ontslae geraak. Ek het in ‘n huis groot geword waar daar rustigheid, kalmte en respek geheers het. Eerstens selfrespek en dan vir ander. Ek het nog nooit my hande vir ‘n vroumens gelig nie. Ek het dit ook nie vir mans gedoen tensy ek aangeval is nie. Maar enige iemand man of vrou slaan nie aan my nie. Ek sal dit en het dit nog nooit toegelaat nie. Die mans wat dit gedoen het sal dit egter nie weer doen nie. Wanneer ‘n vroumens aan my sou slaan sal sy soos dit betaam as my eweknie behandel word en sal die gevolge dan maar moet dra.

Elize ·

Wonder wie dryf haar na drank, die man of die skoonma.
Ek moet haar aan my man voorstel, hy kla omdat ek nie drink nie, eks blykbaar anti-sosiaal as ek nie genoeg drink en soos die ander vrouens oor die kroegtoonbank hang nie.
Cherokee, goeie kommentaar.

Marius Viviers ·

Ongelukkig is daar baie vrouens wat te veel drink by die huis. As hulle vol wyn is praat hulle die grootste onsin en vloek en skel almal. Ek het simpatie met die man en sy Ma, maar veral die kinders.

Erika ·

Arme skoonma is ook altyd in die kookwater. Hulle se vroulief het haar koel verloor toe hy swak gespeel het EN dit gebeur gereeld. Dit klink vir my sy is net agter aansien aan.

Andre ·

Ek was in dieselfde bootjie, mooi vrou wat dink sy kan weg kom met alles. En veral as hulle drink! My x vrou moes in die tronk geslaap het, laat dit `n les wees.

Caroline ·

baie swak Gedrag vir n dame Krista,beslis nie n Spreuke 31 v10 vrou nie…
Ek voorsien vir jou groot probleme in die toekoms met so n vrou ,Lucas,

Uvonka ·

Die vrou is ‘n paar warm klappe agter! Sy het baie duidelik geen respek vir enigeiemand nie, so sy moet vat haar toekom. Respek kweek respek!!!!!

Martie ·

Joh sys so min en dun en nou wil die grote man huil, jitte dit is swak hoor.

Lerato ·

n Man rand n vrou aan met sy vuiste. n Vrou rand n man aan met haar tong. Sy kan polisie toe hardloop met litmerke. Hy kan niks wys nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.