Obama nou “swakste president in 70 jaar”

President_Barack_Obama

Pres. Barack Obama (amptelike Withuis-foto) Fotograaf: Pete Souza

‘n Nuwe peiling deur die Quinnipiac-universiteit in Connecticut toon dat pres. Barack Obama nou deur kiesers as die swakste president sedert die Tweede Wêreldoorlog beskou word.

Verskeie peilings het die afgelope jaar getoon dat Obama maar noustrop trek, maar dié peiling is die eerste wat die president so behoorlik ‘n kous oor die kop trek. Volgens die peiling het die ontploooiing van troepe in Irak, sy koppestamp met die Kongres en verskeie neerlae in die VSA se hoogste hof daartoe bygedra dat Obama se aansien geskaad is.

Die meeste kiesers meen ook nou dat die VSA beter daaraan toe sou wees as Mitt Romney in 2012 die presidentsverkiesing gewen het. Selfs oud-pres. George W. Bush, wat baie ongewild was toe hy uitgetree het, was nie so ongewild soos Obama nou nie.

In nog ‘n peiling, dié keer deur die agentskap Rasmussen, is bevind dat 44% van die Amerikaanse kiesers meen Obama is minder getrou aan die grondwet as die meeste ander Amerikaanse presidente.

Dit is ook interessant dat die koppestamp met die Kongres teen Obama gehou word. In nog ‘n onlangse peiling deur Rasmussen het net 8% van die kiesers aangedui dat hulle dink die kongres doen goeie werk. Net 25% meen hul kongreslede moet herkies word.

Die berig in die Washington Post kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AmY ·

Nou waarom stem hulle dan met elke verkiesing vir hom?
Mens sou dink die Amerikners het darem bietjie meer breins as van ons kiesers…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.