Obama op komediant Jerry Seinfeld se program

Jerry Seinfeld en Barack Obama in die episode (Skermskoot uit Comedians in Cars getting Coffee)

Jerry Seinfeld en Barack Obama in die episode (Skermskoot uit Comedians in Cars getting Coffee)

President Barack Obama van Amerika en die komediant Jerry Seinfeild vergelyk motors en ruil grappies uit in ʼn 19 minuut lange episode van “Comedians in Cars getting Coffee”.

Die episode is Woensdagaand vir die eerste keer uitgesaai en begin met Seinfeld wat die president skakel. Hy komplimenteer Obama dat hy van al die burokrasie ontslae geraak het toe hy glo self die telefoon antwoord.

Seinfeld stel ʼn 1963 Corvette Stingray aan Obama bekend en die president laat Seinfeld agterin ʼn presidensiële limousine sit, ʼn Cadillac wat Obama “the Beast” noem. Die twee skerts ook oor die kenmerke wat die voertuig het.

Seinfeld vra ook vir Obama hoeveel wêreldleiers volgens hom “van hul trollie af is”. “ʼn Redelike groot persentasie,” skerts Obama.

Die episode is vrygestel terwyl die president saam met sy gesin in Hawaii vakansie hou.

Die program, met sy weeklikse episodes, word vervaardig deur Crackle, ʼn eenheid van Sony Pictures Television.
Klik hier om die episode te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Piet Snot ·

Ek het Obama altyd as ‘n nar beskou; nou weet ons.
Tragies.

Broer Jack ·

Somtyds bly jy maar stil want jy weet ook hulle gaan nie jou kommentaar publiseer nie…

Gerhardt ·

Nee man, ontspan. Dis is ‘n baie goeie video en wys hy is mens. Ek is mal daaroor. Dankie Maroela. En ja, meeste ander wêreldleiers soos ene Msholozii, is van hulle trollie af.

pieter ·

Gerhard, hierdie wonderlike man het met dieselfde menslikheid SA kom besoek in ‘n privaat vergadering met zumba en nie lank daarna nie, is ons wapens tot nuut gemaak. Dit was ‘n goeie toets loop vir hom en nou soos ons praat word dit gedoen in die vsa want dit het hier gewerk. Gaan doen bietjie navorsing. Hy mag dalk ‘n goeie sin vir humor he, maar pasop as daai masker af kom na ‘n “komedie episode.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.