Obama se vlerke bly Amerikaans

Pres. Barack Obama (Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza)

Pres. Barack Obama (Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza)

Die Amerikaanse lugmag het besluit om twee spesiaal omgeboude nuwe Boeings aan te skaf om diens te doen as Air Force One.

Boeing lewer al 50 jaar die vliegtuie wat as Air Force One bekend staan as die president daarin vlieg.

Dit is onwaarskynlik dat Obama egter self ooit ’n vlug in een van die nuwe vliegtuie sal onderneem omdat dit eers lank na hy sy tweede en laaste termyn oor twee jaar voltooi het, gelewer sal word.

Onsekerheid of Air Force One Amerikaanse vlerke gaan hê het vroeër ontstaan toe die lugmag aangedui het dat hy sy oë het op die Airbus met vier motore, maar Airbus is ’n Franse onderneming.

Geen prys is vir die nuwe vliegtuie bekend gemaak nie.

Die bestaande vliegtuie wat nou as Air Force One dien, is Boeing 747-200B vliegtuie bekend as VC-25’s. Aan boord van elk is ’n presidensiële suite en ’n konferensiesaal. Spesiale veiligheids- en kommunikasiestelsels is aangebring, sodat die vliegtuig ook as bevelspos kan dien as die VSA aangeval word.

Die nuwe vliegtuie sal na verwagting in 2023 gelewer word.

Bron: Reuter

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.