Obama verkort Wikileaks-fluitjieblaser se vonnis

Chelsea Manning het in 2010 hierdie foto van haarself in 'n pruik en met grimering aan na haar toesighouer gestuur Foto: Wikipedia By Source (WP:NFCC#4), Fair use, https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=40324755

Chelsea Manning het in 2010 hierdie foto van haarself in ‘n pruik en met grimering aan na haar toesighouer gestuur Foto: Wikipedia By Source (WP:NFCC#4), Fair use, https://en.wikipedia.org/w/index.php?curid=40324755

Pres. Barack Obama van Amerika het op sy derde laaste vol dag in dié kantoor die vonnis van Chelsea Manning, die soldaat wat duisende geheime dokumente in 2010 aan Wikileaks uitgelek het, verkort.

Chelsea Manning, wat aanvanklik tot 35 jaar tronkstraf gevonnis is, sal nou op 17 Mei vrygelaat word.

Wikileaks het verlede week gesê Julian Assange, die webwerf se redakteur, sal instem tot uitlewering na Amerika indien Manning vrygelaat word. Dit is nog nie duidelik of Assange, wat vir spioenasie ondersoek word, nou sy belofte sal gestand doen nie. ʼn Lid van sy regspan het egter gesê hy staan by sy verklarings.

ʼn Beampte van die Withuis het egter gesê daar is geen verbintenis tussen Manning se verkorte vonnis en Assange se uitlatings nie.

Manning is die bekendste van die 273 individue wie se vonnisse Dinsdag deur die president verkort is.

Manning het ʼn wêreldwye debat oor regeringsgeheime uitgelok toe sy meer as 700 000 dokumente, video’s, diplomatieke sendings en oorlogsverslae aan Wikileaks uitgelek het.

Paul Ryan, speaker van die Huis van Verteenwoordigers en ʼn Republikein, het in ʼn verklaring gesê dit is “verregaande”. Hy het gesê die besluit skep ʼn “gevaarlike presedent” vir diegene wat inligting oor nasionale sekuriteit uitlek.

Republikeinse senator Tom Cotton het gesê die inligting het soldate, intelligensiebeamptes, en diplomate se lewens in gevaar gestel. “Ons moenie ʼn verraaier soos ʼn martelaar hanteer nie.”

Manning se appèlprokureurs Nancy Hollander en Vince Ward het in ʼn gesamentlike verklaring gesê Manning het die langste vonnis nog ooit as fluitjieblaser in die geskiedenis van Amerika uitgedien. “Die inligting wat sy bekend gemaak het was in openbare belang en het nooit enige skade berokken vir Amerika nie. Die vonnis was nog altyd buitensporig en ons is verheug dat geregtigheid nou geskied nadat die vonnis verkort is.”

Manning is as ‘n man, Bradley Manning, gebore, maar identifiseer as ‘n vrou.

Lees Assange se verklaring op die eerste dag van Manning se verhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

John ·

?..kyk wat het oorgebly van die eens viriele man na die geheime diens met hom klaar is… ‘n Wrak… Nou hom ‘n gunsie doen? Nazi’s-modes?

Frik ·

Ja en kom ons vergeet van die lewens wat ingevaar gestel is en wie nou moet vrees vir hul lewens. Elke land het intelligensie dienste wat in die geheim opereer. Dink aan mense wat byv ISIS ingefiltreer het en wie nou se lewens nou bedreig word deur sulke inligting uitgelek is. Hierdie fluitjieblaser besef nie wat hy/sy gedoen het nie en ook nie die wat simpatie met hom of haar het nie. So deurmekaar

Melt Olckers ·

Manning het Fetale Alkohol Sindroom agv sy ma se alkoholisme. Dit is ook die oorsaak van verskeie gedragsafwykings wat by hom gediagnoseer is tydens sy verhoor. Dit is nie die Intelligensie Dienste wat hom so gemaak het nie.

Frik ·

John wat van die wie se lewens ingevaar gestel is wat byv ISIS geïnfiltreer het. Lyk my hy\sy is nie al een wat deurmekaar is nie

Basson ·

Goed gedoen!

Daar is nog baie meer geheime om die oorlogsgierige regime en hulle Geldmag (oor)heersers agter die skerms te beskerm.

@Frik – naief gesproke is dit waar – maar as hulle (VSA) daarop uit is om onskuldige inwoners van ‘n land uit te moor oor $$$?

gatiep ·

Hy soek net punte by sy ondersteuners vir die vuisgeveg Vrydag in Washington.
Daai man lyk nie of hy van plan is om oor te gee nie.

Melt Olckers ·

Die VSA gee bystand aan Irak in die terugname van Mosul. In Sirie veg Al-Assad en Poetin teen rebellemagte wat ‘n demokratiese bewind wil he. Poetin veg glad nie teen ISIS nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.