Obama wil ingryp oor vuurwapengeweld

Pres. Barack Obama (Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza)

Pres. Barack Obama (Amptelike Withuis-foto deur Pete Souza)

Pres. Barack Obama van Amerika sal Maandag met die prokureur-generaal Loretta Lynch vergader om stappe te bespreek wat hy kan doen om dit moeiliker vir “die paar gevaarlikes” te maak om vuurwapens in die hande te kry.

Obama het tydens sy weeklikse radiotoespraak gesê hy kry só baie briewe van ouers, onderwysers en kinders oor die “epidemie van vuurwapengeweld” dat hy nie meer “kan sit en niks doen” nie.

“Die vuurwapendrukgroep is goed georganiseerd in hul verdediging om wapens moeitevry aan enigiemand beskikbaar te maak,” het hy gesê. “Die res van ons gaan net so passievol en goed georganiseerd moet wees ter wille van ons kinders.”

Obama het onlangs personeel by die Withuis opdrag gegee om ondersoek in te stal na moontlike stappe wat gedoen kan word, soos om meer omvattende agtergrondondersoeke in te stel.

Vuurwapenhandelaars in Amerika wat federaal gelisensieer is, moet ondersoek instel oor ʼn voornemende vuurwapenkoper se agtergrond, maar voorspraakgroepe sê sommige persone wat vuurwapens by vuurwapenskoue verkoop, is nie federaal gelisensieer nie, en dit verhoog die risiko dat persone, wat deur die wet verbied word om ʼn vuurwapen te koop, wel een kan aanskaf.

ʼn Persoon wat bekend is met die administrasie se pogings, het gesê Obama sal na verwagting volgende week uitvoerend optree om ʼn “redelike drumpel” in te stel wanneer verkopers ondersoek moet instel oor ʼn persoon se agtergrond. Die persoon, wat deel is van ʼn voorspraakgroep maar wat anoniem wou bly, kon nie besonderhede van die aankondiging bekend maak nie. Beamptes in die Withuis wou nie bevestig wanneer Obama ʼn aankondiging sal maak nie.

Die Nasionale Vuurwapenvereniging staan agtergrondondersoeke teen. Die organisasie se Instituut vir Wetgewende Optrede sê studies toon dat persone wat in die tronk opeindig weens vuurwapenmisdade, is persone wat gewoonlik hul vuurwapens bekom deur diefstal, op die swartmark of deur familie en vriende. “ʼn Toename in die agtergrondondersoeke gaan nie hierdie misdadigers stop nie,” het die groep op sy webwerf gesê.

Obama het deurgaans sy frustrasie uitgespreek oor massaskietery en gesê dit moet nie so maklik wees vir iemand, wat van plan is om ander te beseer, om ʼn vuurwapen in die hande te kry nie.

Obama het gesê sy Nuwejaarsvoorneme tydens sy finale jaar in die amp is om sake af te handel. “Dit hou veral verband met ons epidemie van vuurwapengeweld,” het hy gesê. Volgens hom het tien duisende Amerikaners reeds weens vuurwapengeweld gesterf. “Daar word elke keer vir ons gesê dat iets so eenvoudig soos agtergrondondersoeke dalk nie die laaste slagting, of die vorige een sou verhoed het nie, en daarom moet ons nie enigiets doen nie. Ons weet dat ons nie elke misdaad kan voorkom nie, maar wat daarvan as ons net probeer om een te verhoed?” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

chrisp ·

Kriminele sal altyd wapens bekom.Strenger maatreels om wapens te bekom belemmer net die gewone burger en nie die krimineel nie.
Hoeveel rowe en moorde word met wapens gedoen wat gelisensieer is in SA?Hier het ons streng wapenwette.Sit ons hier in ‘n veilige omgewing?

Yahleda Ihlathini ·

Nes jy se Chrisp
En hou in gedagte. Dis dieselfde Barrack Husein Obama wat ‘operation fast and furious’ gelaunch het. En wat nou duisende terroriste in Amerika se keelgat af prop… alles het n agenda

Henri ·

Daar is eintlik twee redes waarom hy dit doen. Eerstens wil hy die Amerikaners ontwapen, soos wat met die Blankes hier gebeur het, om die migrante wat hy invoer”veilig” te laat voel. Hulle is die ouens wat onwettige wapens gaan en mag besit want hulle gaan dieselfde skrikbewind voer as wat in Suid Afrika aangaan. Onthou Obama is die ISSIS goedgesind en hy is self ‘n moslem, wat geweld voorstaan.
Tweedens is dit deel van die NWO om beheer te kan kry. Ons moet onthou dat die Christene nie uitgelos gaan word nie. Satan haat Christene. Die moslems het reeds duisende Christene doodgemaak en gaan nog onder die dekmentel van die NWO(Nuwe Wereld Orde). Die Bybel waarsku ons daarteen. Dit is hoekom hulle, Obama en almal wat vir die NWO is, so te velde trek teen Mnr Trump, want hy gaan hulle ontbloot en al die goed wat gedoen is gaan ontbloot word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.