Obama’s sluit boekooreenkoms

Baracke n Michelle Obama. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais, File

Baracke n Michelle Obama. Foto: AP Photo/Pablo Martinez Monsivais, File

Die uitgewer Penguin Random House het aangekondig dat hy ʼn ooreenkoms met oudpres. Barack Obama van die VSA en sy vrou, Michelle, aangegaan het.

“Penguin Random House sal in die toekoms boeke deur die Obama’s uitgee,” het die uitgewer in ʼn verklaring gesê.

Die uitvoerende hoof van Penguin, Markus Dohle, sê die maatskappy het wêreldwyd regte gekoop om twee boeke van die Obama’s te publiseer. Die woordvoerder van Penguin wou nie bevestig of die boeke memoires gaan wees nie.

Die finansiële skikking tussen die uitgewer en die Obama’s is nie bekendgemaak nie, maar kenners in die uitgewersbedryf reken dat meer as $60 miljoen (net minder as R800 miljoen) beloop. Dit is ʼn rekordbedrag vir boeke wat deur presidente geskryf is.

Die Obama’s wil graag ʼn gedeelte van die bedrag aan liefdadigheidsorganisasies, insluitend die Obama-stigting, skenk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Sal beslis fiksie wees… post-waarhede en verdigsels. Wat van ‘n film oor die man wat lande met die grond gelyk gemaak het en volke oor die aarde verstrooi het… en beslis nie gou gaan ophou om moeilikheid in die wereld te saai nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.