Oekraïense TV-toring gebombardeer

‘n Brandbestryder op die toneel nadat Kiëf se vernaamste televisietoring tydens ’n lugaanval getref is. (Foto: Sergei SUPINSKY / AFP)

Die Oekraïense hoofstad Kiëf se vernaamste televisietoring is Dinsdag tydens ’n lugaanval getref. Minstens vyf mense is tydens dié aanval dood terwyl die Oekraïense regering se uitsaaidiens weens die aanval onderbreek is.

Rusland word sedertdien van “oorlogsmisdaad” beskuldig nadat ’n woonstelblok in Kharkiv tydens ’n ander lugaanval in die slag gebly het. Dié aanval het die lewens van agt burgerlikes geëis en word wyd veroordeel.

Dít terwyl nog tien mense dood is nadat ’n missiel ’n regeringskompleks in Kiëf getref het.

Volgens Oekraïne is 350 burgerlikes, van wie 14 kinders, tot op hede in die konflik dood.

“Dit is staatsterrorisme van Rusland se kant af,” het Wolodimir Zelenski, president van Oekraïne, Dinsdag gesê. Rusland hou egter vol dat sy troepe nie burgerlike infrastruktuur teiken nie.

Kommer neem toe dat Kiëf in Russiese hande sal val. Daar kon Dinsdag in satellietbeelde gesien word hoe ’n magdom Russiese gepantserde voertuie in ’n tou van 65 kilometer lank noord van die hoofstad beweeg.

Groot skade is tydens die konflik buite die stadsaal in Kharkiv aangerig. (Foto: Sergey BOBOK / AFP)

Navo se hoof, Jens Stoltenberg, het Dinsdag tydens ’n besoek aan ’n lugbasis in Pole gesê die Russiese president Wladimir Poetin het “vrede in Europa verpletter”.

Meer as 660 000 mense het reeds na ander lande gevlug. Die VN se vlugtelingsagentskap raam dat ’n miljoen mense van die voormalige Sowjet-Oekraïne –  met ’n bevolking van 44 miljoen – sonder heenkome is.

Verdere boikot

Die Amerikaanse lugvaartreus Boeing het Dinsdag aangekondig dat hy sy steun aan Russiese lugdienste en sy bedrywighede in Moskou opskort.

“Ons het groot bedrywighede in Moskou opgeskort en ons kantoor in Kiëf tydelik gesluit,” het ’n woordvoerder van Boeing gesê.

Die verskaffing van onderdele, instandhouding en tegniese steundienste vir Russiese lugdienste word ook in die lig van die konflik opgeskort.

Die Amerikaanse kredietkaartreuse Visa, Mastercard en American Express het gesê dat hulle Russiese banke op hul betalingsnetwerke blokkeer.

Die tegniese reus Apple het op sy beurt Dinsdag ’n stilstand in alle produkverkope in Rusland aangekondig. Dit volg nadat die vervaardiger van iPhones verlede week alle uitvoere na dié land gestaak het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Julius ·

Die weste gaan nie wen teen rusland met hulle propaganda en sanksies nie. Ongeag hoe lank die oorlog duur sal rusland kry wat hy wil hê. Putin is ‘n wêreld leier. Navo is tandloos en het dit in die verlede bewys. Skaakmat vir die weste navo(vsa) au.

Anna-marie ·

Ek hoop jy is reg. Dit sal ons red van die Nuwe Wereld Orde wat die Globaliste op ons wil afdwing.

JM ·

En steeds stoom “Adolf” Putin voort soos ‘n bul wat rooi sien. Mag hy hom gou te pletter loop!

Stephanus ·

JM Putin is nie so magsbehep soos daar voorgegee word nie. Waarna hy strewe is n neutrale en/of n goedgesinde Ukraine. As die Westerse state hul neuse daar uitgehou het, sou hierdie oorlog nie plaasgevind het nie. As hy regtig wou, kon die oorlog reeds veby gewees het maar dan sou daar regtig niks van die Ukraine oorgebly het nie. Na my mening tree hy en sy weermag met heelwat selfbeheersing op. Die burgerlike verlies aan lewens is besonder laag as mens na die magte kyk wat betrokke is en in ag neem dat Zelensky die burgerlikes begin bewapen het

Luister ·

Westerse state het nie hulle neuse daar ingesteek nie. Ukraine wou by NATO aansluit, want hulle is bang vir Rusland aggressie. NATO is net ‘n verdrag tussen lande om mekaar te beskerm sou hulle ingeval word. Dit is hoekom NATO nie inval nie – nie omdat hulle tande getrek is nie, maar omdat dit net lidlande beskerm. Te laat vir arme Ukraine!

Marthinus W ·

Doen bietjie internet soek oor Navo se aksies in Joegoeslawie, Libie, Irak, Afganistan. Ook “depleted uranium”; dis wapens met verbruikte uraan, wat Navo in Kosovo gebruik het. Dis n mite dat Navo daar is vir vrede en verdediging. Eintlik is dit n soustrein, vra vir Mark Sloboda, voormalige Amerikaanse soldaat in beheer van die kernwapens tydens Navo-oefeninge.

Stephanus ·

Stem saam. Luister maar net na die toesprake van Biden en Puten. Biden omtrent alles oor geld terwyl Puten nasionaal-strategiese kwessies aanspreek.

Grassie ·

Die aanval op die televisietoring is waarskynlik uit wraak omdat al Rusland se nuusdienste in Europa geblok is. Ek wens uit die diepte van my hart dat hierdie oorlog nou moet end kry. Die mense aan albei kante lyk soos ons.

JohanR ·

Grassie jy is reg is Rus teen Rus, broer teen broer, sister teen sister, familie teen familie. Putin is ‘n gemors, en ek verwag dat hy nie sal skroom om daai rooi knoppie te druk nie. Die probleem is dat die VSA kan dadelik sien as die kern silos oop gaan, en die kernbom vlieg, soe net sekondes later sal die VSA ook ‘n kernbom laat vlieg.

gpsa ·

Hoofstroom nuus is altyd eensydig. Hierdie konflik broei al dekades en min mense weet van al die probleme daar. Ukraine sluit Rusland al meer af vanaf Europa wat Rusland in ‘n moeilike situasie laat en nou nog moeiliker.

Luister ·

Dit is nie Ukraine wat Rusland afsluit nie. Rusland sluit hulself af, veral noudat hulle ‘n ander land ingeval het. As hoofstroom so eensydig is, is hulle dan verkeerd deur te sê Rusland het Ukraine ingeval? Miskien word daar vir ons gelieg en het Ukraine vir Rusland ingeval. Ons sal nooit weet nie, want ons word gevoer wat die media besluit om te wys.

Dirk Mostert ·

Hoofstroomnuus is eensydig omdat dit volksmoord in Oos-Oekraine deur die Kiev regime verswyg. Putin was vir 8 jaar geduldig. Hoekom word die wandade in en deur Israel nie veroordeel nie? Daar was skaars ‘n week gelede weer ‘n lugaanval op ‘n Siriese stad. Palestyne word uit hul huise verdryf voor dit platgestoot word om plek te maak vir nog onwettige Joodse nedersettings. Die VSA verkoop wapens wat deur Saoedi Arabie teen Jemen gebruik word.

Andre ·

Dis 2022 en mense verloor hulle lewens in n oorlog! Mens sal sweer Poetin leef in die oer tye!

JohanR ·

Ek dink nou hier aan Kaapstad as hy miskien ‘n Oekraïen was, en word aangeval deur die res van SA. Nou word Kaapstad stukkend gebombadeer, gebreek en geskiet, en na ‘n week het SA gewen maar Kaapstad le in absolute pyn. Geen gebou in die stad staan meer nie…..is alles platgevee. See Punt is weg, Suidelike en Noordelike stede is weg. Milnerton is weg. Nou vra ek myself as Rusland nou wen ek Okreaine gee oor dan le alles in die land verwoes en plat. Waar gaan die geld vandaan kom om weer ‘n land te bou? Rerig praat praat is beter as bom bom! Na praat het jy darem nog ‘n land wat staan.

Marthinus W ·

Kaapstad is ons Afrikaners se moederstad, want dis hier waar ons voorouers saamgekom en geleef en ontwikkel het tot ons ou volkie. Dit is wat Kief vir die Russe en Oekrainers is, hul moederstad. Soos n kommentator gese het, Rusland tree tans militer baie beheersd op. En hulle gebruik nie eens hul nuutste en beste wapens nie. Die Russe is lief vir geskiedenis, hulle is lief om historiese geboue te restoureer. Selfs in die Sowjetunie is historiese kerke gerestoureer.

Papsak ·

Ja ek sal dood stil as ek SA was want hulle het nie eers ordentlike army nie wat nog te wapens so SA moet liewers laag le beste vir ons

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.