Oekraïne-krisis verdiep: Krim nou “formeel deel van Rusland”

krim skiereiland

Grafika: BBC News

Die krisis in die Oekraïne het skerp verdiep toe die Russies-gesinde parlement van die outonome Krim-skiereiland beslis het dat die gebied nou nie meer deel van die Oekraïne is nie, maar deel van Rusland.

“Alle soldate van die Oekraïne in die Krim word nou as besettingsmagte beskou,” aldus ‘n woordvoerder van die parlement.

Die besluit word per dekreet deurgevoer.

Intussen het pres. Barack Obama ‘n reisverbod na die VSA ingestel op ‘n ongenoemde aantal Russe en burgers van die Oekraïne wat die gebid destabiliseer.

Groter duidelikheid oor die gevolge van die eensydige afskeiding van die Krim sal deur die loop van die nag duidelik word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.