Oekraïne neem beheer van sleutelstad

Argieffoto van Lyman, Oekraïne. (Foto: Anatolii STEPANOV / AFP)

Wolodimir Zelenski, president van Oekraïne, het Sondag gesê Russiese troepe het hulle amptelik aan Lyman – ʼn  sleutelstad wat geleë is in een van die vier Oekraïense streke wat Rusland geannekseer het – onttrek.

“Lyman is sedert 12:30 heeltemal skoon. Dankie aan ons weermag!” het Zelenski gesê in ʼn video wat op sosiale media geplaas is.

Die herowering van Lyman dui op die eerste Oekraïense militêre oorwinning in die gebied wat die Kremlin onlangs opgeëis het en onderneem het om met alle moontlike middele te verdedig.

Die Oekraïense weermag het Lyman vroeër vandag binnegedring, wat Rusland aangespoor het om die “onttrekking” van sy troepe na “gunstiger linies” aan te kondig.

“Ek is baie optimisties en baie gemotiveerd. Ek sien die aktiwiteite op die voorste linie, en hoe buitelandse wapens… ons help om ons land terug te neem,” het ʼn 33-jarige Oekraïense soldaat vandag aan AFP gesê.

Zelenski het onderneem om binne die komende week meer gebiede in die land se oostelike Donbas-streek terug te neem.

Pres. Wladimir Poetin van Rusland het Vrydag ʼn groot seremonie aangebied ter viering van die anneksasie van die vier Oekraïense gebiede Donetsk, Cherson, Lugansk en Zaporizhzhia. Oekraïne en sy bondgenote het egter die referendums wat dit voorafgegaan het as niksseggend afgemaak.

Rusland se konstitusionele hof het Sondag, ondanks die Weste se veroordeling, die anneksasieooreenkomste wat deur Poetin met die Moskou-gesteunde leiers van die vier Oekraïense gebiede onderteken is as wettig erken.

Die anneksasieverdrae sal Maandag deur Rusland se laerhuis van die parlement, die Doema, oorweeg word.

Die vier gebiede skep ’n deurslaggewende deurgang tussen Rusland en die Krim-skiereiland, ʼn gebied wat ook in 2014 deur Rusland geannekseer is. Saam maak dit ongeveer 20 persent van Oekraïne uit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Hans ·

Militêre strategie van onttrekking, om sodoende drukkoker situasie te bewerkstellig.
Met die hoeveelheid NAVO hulp aan wapentuig en mannekrag, doen Oekraïene nie waffers nie.
Ek het geen simpatie met Oekraïene nie en sien nie “groot rooi gevaar” in elke skaduwee soos in “totale aanslag era” propaganda nie.

Phil ·

Ja, die Russe het fenomenale strategieë. Soos die strategie van per ongeluk op die verkeerde plek rook dan ontplof ‘n wapenopslagplek (hulle verskoning vir waarom dit gebeur); die strategie van pot shots vat na ‘n drone van die Moskva vlagskip af en dan bekruip ‘n missiel hulle van die ander kant en die boot word ‘n duikboot; Die strategie van om ‘n hele brigade op een slag ‘n rivier te laat oorsteek en dan verander die hele petalje in ‘n kits-begrafplaas vir mens en masjien; die strategie van moor en roof so ver hulle gaan (mammie moet tog ‘n wasmasjien by die huis kry, en ‘n ingeboude toilet); die strategie van in ‘n japtrap derduisende manne en vroue oor die grense te laat spaander omdat hulle opgeroep word vir die onsinnigste oorlog van die eeu; ens, ens.

Ja, geen rooi gevaar nie… behalwe Putler die Vreeslike wie se tor van die draadjie wat sy ore aan sy kop hou afgeval het.

Gaitsigubib ·

Ja ek dink julle moet nie net CNN kyk nie, maar dis net my beskeie opinie, julle hoef dit natuurlik nie te doen nie. Aardsverwarming hipokrate wat die VSA is, het hulle Noordstroom 1 en 2 gaan opblaas en dink sowaar iemand gaan dink dit was Putin wat sy eie infrastruktuur self opblaas- hy kan mos net die kraan toedraai?! Hulle moet dit maar ook gaan probeer op die pyplyn na China, maar hulle gaan ‘n hek na die hel oopmaak en almal gaan beslis verloorders wees. Die VSA se weermag het nog altyd sy alie gesien, behalwe toe hulle n atoombom gegooi het op Japan. In die Bay of Pigs het n eiland gemeenskap hulle al hul hel gegee. In Korea het hul teenwoordigheid in n fiasko ontaard, hul breek hul ooreenkom met Noord Korea en die soldate wat hul daar agter gelaat is myns in siens onvergeefbaar, in vietnam moet hulle later vlug vir hul lewens net soos nou die dag in Afganistan. Al wanneer hulle iets beteken is wanneer Rambo in die hoofrol is.

Luister ·

Jy is bietjie verkeerd met mannekrag. Oekraïne moet staatmaak op hulle eie mannekrag wat nie juis baie is nie. Ek dink hulle doen goed ten spyte van Rusland se oorweldigende mannekrag.

Hans ·

SA is tans draadsitter en korrup. Ons voer niks in van Oekraïene nie of baie min. Volgens internasionale invoere, minder as R1 miljoen per jaar.

Hans ·

Kokerboom, hul fascistiese nasionalisme is bedreiging net so erg as wat kommunisme was.
Verder, is korrupsie baie groter in Oekraïene, asook dwelmhandel en is baie van die Oekraïeniërs in SA betrokke in georganiseerde misdaad en bendegeweld in Kaap.
Slenters met veral Krypto-geld word vanuit Kaapstad gedryf deur Oekraïeniërs.

Gaitsigubib ·

Kokerboom ek hoor wat jy se, onthou hulle het wel onafhanklikheid gekry van Rusland, maar daar was duidelike punte in hierdie ooreenkoms wat hul nie gerespekteer het nie. Dit is amper soos FW wat die land oorhandig het en die een duidelike voorwaarde was om eiendomsreg te respekteer, nou doen die ANC dit nie. Nou wat nou?

Republikein in die Wes Kaap ·

Die verdediging van die vier nuwe republieke is grootliks oorgelaat aan hul eie magte, wat swak opgelei en toegerus is met ou wapentuig. Poetin se vyande in Rusland dring aan hy moet sy handskoene afhaal en meer mag gebruik, ongeag die impak op die mense in Oekraïene. Dit sluit die totale vernietiging van Kjef in. Indien Poetin deur sy eie mense tot ‘n val gebring word sal ‘n nuwe Stalin oorneem. Moontlik die president van Tjetsnië. Wat daarna gebeur sal katastrofies wees.

Autobahn ·

Ja Gaitsigubib, die VSA het die meeste voordele uit die aanslag op Nord Stream.

Nord Stream Hang direkt met die oorlog in die Oekraïne saam. Die samenwerking tussen Duitsland en Rusland moes getorpedeer word uit die sig van Washington en Londen.

Die BRD Regime in Berlyn is tjoepstil en aanvaar sonder enige protes die aanslag op die eie land se kritiese infrastruktuur. Onder andere deur belastingbetalers se geld gebou. Ja die BRD regering was moontlik vooraf in kennes gestel en bly daaroor. Die BRD regering hoop dat die aangekondigde proteste deur die bevolking vir die beëindiging van sanksies teen Rusland en vir die in-diens-stelling van Nord stream 2 daardeur geen basis meer het nie.

wildtuin ·

Wanneer daar na varke in die verhaal gekyk word,moet daar ook na die VSA en Briitanje gekyk word. Hulle voel vere vir die mense van Oekraine, al waarin hulle belangstel iss om Rusland te verswak en daarvoor gebruik hulle Oekraine en duisende van hullee soldate wat al gesneuwel het. Daar was in Maart amper ‘n deurbraak vir vrede, maar Boris Johnson het vir Zelensky gesê, hulle moet nie daarby hou nie. Oekraine het nou sukses met die aanslag behaal, maar daar was omstandighede vroeer soos by
die aanslag op Kherson , wat Zelousny die weermag hoof vir Zelensky gesê het die omstandighede vir die aanslag is nie gunstig nie, dit moet afgelas word, maar Briitanje en die VSA het gesê hulle moet voortgaan met die aanslag. Die resultaat is dat Oekraine in daardie geval swaar verliese gelei het. Oos-Europa het n meer konserwatiewe kultuur ass die weste

Thom ·

Gelukkig vir die Weste beteken Russiese wapentuig min ( gemeet aan Westerse tegnologie) en hul soldate , niks.

Republikein in die Wes Kaap ·

Gelukkig vir die Russe beteken die Amerikaanse soldate ook niks. Die Duitsers het in 1945 laas geveg. Die Franse baklei teen rebelle in Afrika. Die Britte se fut is na die Falkland oorlog geblus. Die Yanks se tegnologie is goed, maar die staat betaal die groot wapenkompleks met staatseffekte wat aan Chinese verkoop word. Amerika is nou diep in die skuld, en dit word erger. Nagenoeg 70% van die wapens wat Navo vir Zelinski gee beland op die swartmark. Terroriste gebruik die wapens weer teen Amerika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.