Oekraïne: Ooste stem vir afskeiding

Foto: news.pn

Foto: news.pn

Volgens die organiseerders van die referendum oor afskeiding van die selfverklaarde “republiek van Donetsk” vir onafhanklikheid het sowat 90%t van die kiesers hulle ten gunste van onafhanklikheid uitgespreek.

Die uitslae in ander streke word nog afgewag, maar sal na verwagting nie veel verskil nie.

Die referendum word nie deur die Oekraïne of die internasionale gemeenskap erken nie. Selfs Rusland, wat daarvan beskuldig word dat dit die referenda georganiseer het, het formeel versoek dat dit uitgestel word.

Intussen word nog berigte van gevegte en sterftes in die stryd tussen separatiste en die weermag van die Oekraïne ontvang.

Berigte oor presies waaroor die referenda handel, verskil skerp. Terwyl sommiges meld dat dit oor onafhanklikheid, en daarna in alle waarskynlikheid oor aansluiting by Rusland, handel, meld ander berigte dat dit bloot oor groter outonomie handel.

Intussen werk die oorgangsregering in Kiëf juis aan ‘n plan om meer mag na die verskillende streke, en selfs verskillende regeringsvlakke af te wentel. Die meeste van die presidensiële kandidate vir die komende presidentsverkiesing staan ook groter outonomie vir streke voor.

Die referendum is haastig gereël, en chaos was aan die orde van die dag. In een geval het die kiesbeamptes selfs vergeet om die stembus saam te bring.

Terwyl die separatiste op ‘n groot opkoms aanspraak maak, meen die regering in Kiëf dat die opkoms eerder in die orde van 50 persent was.

Bronne: De Standaard, Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.