Oekraïne: Poetin stuur troepe na rebellestreke

Die Russiese president Wladimir Poetin Maandag tydens ‘n seremonie by die Kremlin. (Foto: Alexey NIKOLSKY / Sputnik / AFP)

Die Weste is woedend nadat die Russiese president Wladimir Poetin Maandag bekend gemaak het dat hy troepe in twee Moskou-gesteunde rebellestreke van Oekraïne ontplooi het. Die VSA beskou dié stap as ’n “voorwendsel vir oorlog”.

Poetin het Maandag tydens ’n toespraak aangekondig dat hy die onafhanklikheid van die voormalige Sowjetstaat se rebellebeheerde Donetsk- en Lugansk-streek erken. Dít het die weg gebaan vir die ontplooiing van ’n potensiële invalsmag.

Die Russiese president het sy ministerie van verdediging opdrag gegee om as sogenaamde vredesmagte in die separatiste-beheerde in streke in Oekraïne op te tree.

Die Amerikaanse ambassadeur Linda Thomas-Greenfield het egter Poetin se verwysing na vredesmagte op ’n noodvergadering van die VN se veiligheidsraad as onsin beskryf.

“Ons weet wat hulle werklik is,” het Thomas-Greenfield gesê en bygevoeg dat Poetin se toespraak neerkom op ’n “reeks verregaande, valse aansprake” wat daarop gemik was om “’n voorwendsel vir oorlog te skep”.

Poetin het in sy toespraak na Oekraïne as ’n mislukte staat en “marionet” van die Weste verwys.

Vasily Nebenzya, Rusland se ambassadeur by die VN, het egter op die vergadering volgehou Moskou is steeds oop vir ’n diplomatieke oplossing.

“Om ’n nuwe bloedbad in die Donbas toe te laat, is iets wat ons nie van plan is om te doen nie,” het hy bygevoeg, met verwysing na die streek waarin Donetsk en Lugansk lê.

‘Angswekkende nuus’

Inwoners van Kiëf, die hoofstad van Oekraïne, was Maandag geskok oor Poetin se erkenning van die onafhanklikheid van die Donetsk- en Lugansk-streek. Dié inwoners sê egter hulle is gereed om hul land te verdedig sou hulle gevra word om dit te doen.

“Ek is baie geskok,” het Artem Ivaschenko, ’n 22-jarige kok oorspronklik van Donetsk, aan AFP gesê. Ivaschenko meen die erkenning is die “angswekkendste nuus” wat hy al gehoor het sedert hy agt jaar gelede uit Donetsk gevlug het.

“Ek woon hier, ek het reeds ’n deel van my vaderland verloor, dit is weggeneem, so ek sal dit beskerm.”

Poetin se stap het paniek op finansiële markte veroorsaak, met Asiatiese markte wat getuimel het terwyl die olieprys skerp gestyg het.

Lees al Maroela Media se berigte oor die situasie in Oekraïne hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Piet Snot ·

Selfde wat Rusland in Georgië gedoen het – hulle beset Suid-Ossettië al jare. Reg in die middel van Georgië.

Treurwilger ·

Jack F. Matlock Jr, diplomaat en VSA Ambassadeur in Moskou vanaf 1987 tot 1991, ook o.a. die Senior Direkteur vir Europese en Soviet Sake van pres. Reagan se Nasionale Veiligheidsraad, skryf in ‘n artikel getiteld: “NATO and the Origins of the Ukraine Crisis” presiés waar en hoe die huidige probleem ontstaan het.
Lees dit en wanhoop oor die stand van sake in die wêreld.
Die gebrek aan kennis en diplomasie van staatshoofde, hoofsaaklik in die Weste, steek skerp af teen Jack Matlock se kaliber.

Treurwilger ·

Baie kortliks:
NAVO wat deur die jare so stuk-stuk vergroot, is totaal téén wat destyds onderneem is deur Amerika met die beïndiging van die Koue Oorlog.
Die hele artikel is ‘n moét lees.

Autobahn ·

Baie insiggewende artikel.

Billike of geregverdigde belange van Rusland vir hulle eie veiligheid tel duidelik nie vir Amerika en NATO nie.

Amerika het geen gewetensbeswaar om ´n oorlog op Europese gebied te ontvag en Europese soldate in die slag te stuur nie.

Treurwilger ·

Bly jy het die artikel geniet, Autobahn.
(Merkur en Therese sou ook ;-)

Marthinus W ·

Prof Richard Sakwa het n baie goeie boek oor die Oekraine-krisis van 2014 geskryf. Tydens n onderhoud op Nederlandse TV het hy gese die kwaliteit van Europese leiers is skokkend laag.

Julius ·

Niks nie, hy tree reg op want sy land word bedreig deur die weste en sleepy joe.

Luister ·

Julius, hoe word Rusland bedreig? Is hulle bang die Weste wil hulle land hê? Wat is fout daarmee om maar net in vrede te leef en buurlande uit te los nie? Niemand wil Rusland inval en die land oorneem nie.

Dirk Mostert ·

Die Oos-Oekrainers is hoofsaaklik Russiessprekend en word verdruk deur die Kiev regime. Die Minsk-ooreenkoms is deur die Kiev regime verbreek. Rusland kom op vir die Donbas-republieke.

JohanR ·

Poetin is ‘n tweede Hitler. Gaan lees van al die diplomaate wat by Hitler gaan kuier het in 1938/39 om te vra dat hy nie oorlog toe gaan nie, en hy het in hulle gesigte gelieg. Hierdie gaan in ‘n Rusland/China/ Suid Afrika/India/Brazil aan die een kant, en dan die res van die wereld oorlog ontaard.

VaalDonkie ·

Hoe DURF hy sy land so naby Amerikaanse weermagbasisse sit!

casper ·

Die Weste het Ukraine genoop om van sy atoom wapens onslae te raak en het sodoende Ukraine se enigste regte teenvoeter teen Rusland weg geneem.
Nou gaan die weste maar baie praat en niks doen om die inval te stop nie.

Jaco ·

Ek wens Rusland wil die Wes-Kaap beset. Onder hulle en die DA se gesamentlike beheer sal ons ontslae wees van beurtkrag, swak vuil staatshospitale, regstellende aksie en en en.

Colin ·

Ek hoop jy snap gou die Russiese taal en Sirilliese alfabet
Hulle gaan nie goedsmoeds daar inkom en Afrikaans is groot skree nie

piet ·

Stem Marlise – Dit irriteer my ook as plekname en name van mense verander word net ter wille van verander om kamma ‘n ander spelling in ‘n ander taal te gee. Belaglik.

Sê maar net ·

Grootste fout wat mense maak. My naam is Elsabé. Dit verander nie in Elizabeth in Engels nie.

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Jacques ·

Dieselfde vind plaas wanneer daar vanuit die Latynse alfabet na Grieks, of andersom getranslitereer word.
Afrikaans hoef nie elke keer die Engelse weergawe te kies nie, maar kan volgens sy eie spelreëls woorde uit vreemde skryfstelsels vertaal.

Marthinus W ·

Janice, ek stem 100% saam met jou. Ek werk aan n manuskrip oor Rusland, en sit gedurig en translitereer. Ek verskil wel van jou met Gorby: die Russiese Ч (ch/tj) word in die Woordelys en Spelreels as “tj” aangedui, nie “tsj” nie. Ek skryf hom as Gorbatjof.

Sê maar net ·

Dankie! Ek het al tweekeer beswaar aangeteken, maar lyk my Maroela Media steur hul nie aan verkeerde spelling nie. Vladimir Putin. So moeilik om te spel jy weet :)

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Eben ·

Nee, sy van is inderwaarheid Путин in die Kirilliese alfabet, waar die klanke nie ooreenstem met die Latynse letters se klanke nie. Daarom bestaan daar ‘n stelsel vir die transkripsie van klanke uit die Kirilliese alfabet na ander tale, ook na Afrikaans. Die letter y wat jy in sy van sien, is ‘n oe-klank in Afrikaans. Putin is die transkripsie van sy van uit Kirillies na Engels! Om jou te vergewis, stel jou Google translate vir Russies na Afrikaans, kopieer die van in Kirillies wat hierbo verskyn, plak dit in, druk die luidspreker knoppie en luister na die Russiese uitspraak.

Mariana ·

Nee hy wil nou oorlog hê en hy gaan sorg dat dit gebeur. Hy gaan mos nie self baklei nie, nee hy gaan lekker in sy kantoor sit en warm slaap saans. Die wat oorloë beplan is nooit daar waar als gebeur nie. Het geen idee wat so ‘n oorlog aan die mense van ‘n land doen nie.

Samuel ·

Poetin hou van fopnuus. Hy is as politikus net so vals as alle ander politici. Hy lieg net soos ons eie SP.

Jacques ·

En daar gil die monster met die twintig koppe – almal gelyktydig……. ????????????????

JohanR ·

Enige iemand wat 150000 troepe en hulle gereedskap op ‘n ander land se grens sit is nie daar vir ‘n Sondag agtermiddag pikniek nie. Dink as Zimbabwe 150000 soldate en hulle gereedskap by Beit Brug stasioneer…..en daar val ek al weer van my stoel af van die lag!

Renier ·

Die mense in Donetsk en Lagansk het met vuurwerke en russiese vlae fees gevier met rusland se aankoms. Meeste van hulle het al russiese paspoorte. Rusland ondersteun hulle al sedert 2014 en is daar verwelkom. Hierdie mense word in hul eie land deur hul eie weermag aangeval en vermoor. Laat mens dink.

Kerneels ·

17% van Oekrainebevolking is Russies. Dis te verstane dat dele aangrensend aan Rusland hulle goedgesind sal wees.

Colin ·

Net so was Sudetenland, dele van Oostenryk en ander lande met Duitssprekende mense deur Hitler en sy beweging “bevry”. Die res is geskiedenis

Jean ·

Maroela vertaal sommer self die man se van na afrikaans.
Putin na Poetin

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Kwikkie12 ·

Die einde is in sig maar niemand het meer ‘n verwagting of maak gereed daarvoor. In die volgende 9jaar is dit die begin van die einde soos ons dit tans ken!

KAIROS ·

Vladimir Putin

Hoe vertaal julle dan nou iemand se naam? lmga

Janice du Plessis ·

Dagsê

Buitelandse eiename word in Afrikaans getranslitereer wanneer die twee tale nie dieselfde alfabet gebruik nie. In Engels word die naam, Влади́мир Влади́мирович Пу́тин, byvoorbeeld as “Vladimir Putin” gespel, en in Afrikaans “Wladimir Poetin”, of Горбачёв word as “Gorbachev” of “Gorbachyov” gespel, en in Afrikaans “Gorbatsjof”.

“Wladimir Poetin” is dus die standaard Afrikaanse transliterasie vir sy naam uit die Sirilliese alfabet wat die Russe gebruik na die Latynse alfabet wat ons gebruik. Die spelling “Vladimir Putin” is die standaard Engelse transliterasie vanaf Sirilliese skrif na die Latynse alfabet wat Engels gebruik. Die Franse spel sy naam byvoorbeeld “Vladimir Poutine”, die Spanjaarde skryf “Vladímir Putin”, en so voorts.

Groetnis
Janice
nms Maroela Media

Sê maar net ·

Putin gebruik Donetsk en Lugansk as verskoning om oorlog te begin. Want nou gaan hy hulle kamtig teen Ukraine “beskerm”. Goeie rede vir inval. Met al hul ryk minerale bronne en uitvoere is dit ‘n heerlike happie vir Rusland om aan sy eie kant te kry.

Renier ·

HMaroela, is Karen weer besig om te modereer,want julle wil nie die waarheid publiseer nie.

Riaan ·

Ek kan myself net indink wat CNN en die sogenaamde “Mainstream Media” alles sou gesê het as dit tydens Trump se tydperk moes plaasvind

Jacobus ·

Goeie genade!, Putin het sy tyd goed gekies. Met ‘n ou soos Biden, wat enige tyd so dom soos ons Fikile is kan hy omtrent doen wat hy wil.

Pieter9 ·

Ek hou van V. Putin; ek glo nie die huidige groep can Westerse ‘leiers’ probeer die man verstaan nie – ek het net ‘n gevoel dat sou Trump in bewind gewees het daar ‘n heeltemal ander dinamiek ter sprake sou wees. Met die linkses en ‘ n ‘afwesige’ Biden aan bewind in die VSA sien ek ‘n nuwe front vir konflik en onstabiliteit in wereld-politiek aan die ontwikkel.

Kerneels ·

Stem, geen karismatiese leiers deesdae wat respek afdwing nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.