‘Oekraïne sal terugveg… en wén’

n Konvooi van Russiese militêre voertuie [Foto: Stringer/AFP]

Dmytro Kuleba, Oekraïne se minister van buitelandse sake, het Donderdag die versekering gegee dat Oekraïne sal terugveg en wen nadat Rusland Donderdagoggend met ʼn volskaalse inval in dié land begin het.

Die Oekraïense weermag het intussen bevestig dat vyf Russiese vliegtuie en ʼn helikopter in die ooste van die land naby ʼn rebellebeheerde enklawe neergeskiet is.

“Wladimir Poetin het begin aanval, maar ons sal nie weghardloop nie,” het Kuleba op Twitter geskryf. “Oekraïne sal terugveg. Oekraïne sal homself verdedig. Oekraïne sal wen.”

Inwoners van die Oekraïense hoofstad Kiëf was Woensdag laataand nog op straat waar hulle die landsvlag in die lug gewaai het. “Dit is ons land en ons gaan nêrens heen nie,” het hulle uitbasuin.

Die oggendstilte is omstreeks 05:00 verbreek met die eerste bomontploffings wat buite die Oekraïense hoofstad Kiëf gehoor is. Net ʼn paar minute tevore het Poetin aangekondig dat hy ʼn militêre operasie in die Oekraïne geloods het.

Paniek en chaos het daarna in Kiëf uitgebreek.

Motors het Donderdag in rye op die snelweë van Kiëf gestaan soos mense uit die stad begin vlug [Foto: Getty Images via Twitter]

Inwoners van Kiëf is aangesê om by die huis te bly en ʼn sak met benodigdhede te pak, ingeval hulle skielik die land moet verlaat. Skole het kinders in kennis gestel om tuis te bly en klasse sal aanlyn voortgaan.

CNN berig daar is regoor die stad rooi pyle op mure aangebring wat die liggings van die naaste bomskuilings aandui.

Omtrent twee ure nadat die eerste ontploffing gehoor is, het die lugaanvalsirenes vir die eerste keer afgegaan.

Paniek en chaos het Donderdag in Kiëf uitgebreek [Foto: Daniel Leal, AFP]

Motors het Donderdag in rye op die snelweë van Kiëf gestaan soos mense uit die stad begin vlug het.

Foto’s wat op sosiale media versprei is, wys hoe mense in strate staan en bid en mekaar omhels met tasse in hul hande.

BBC berig inwoners is “geskok en verskrik om te dink wat kan kom”.

Stop die oorlog

Inwoners van Kiëf omhels mekaar en bid in die straat [Foto: Daniel Leal/AFP)

Antonio Guterres, hoof van die Verenigde Nasies, het Poetin gesmeek om sy troepe terug te trek en die konflik te beëindig. Verskeie lande het hulle intussen by Oekraïne geskaar.

Die Britse premier, Boris Johnson, het die “afskuwelike gebeure in Oekraïne” veroordeel en gesê Poetin “het ’n pad van bloedvergieting en vernietiging gekies deur hierdie onuitgelokte aanval te loods”.

“Die Verenigde Koninkryk en ons bondgenote sal beslis reageer,” het Johnson op Twitter geskryf. Hy het bygevoeg dat hy reeds met die president van Oekraïne, Volodymyr Zelensky, beraadslaag het.

Frankryk het ook Donderdagoggend aangedui dat hy saam met Oekraïne sal werk om die oorlog te beëindig.

Suid-Afrika reageer

Inwoners van die Oekraïnse hoofstad Kiëf was Woensdag laataand nog op straat waar hulle die landsvlag in die lug gewaai het [Foto:Jiji Press/AFP]

Die Suid-Afrikaanse regering het Woensdagaand vir die eerste keer op die toenemende konflik tussen Rusland en Oekraïne gereageer en sy kommer oor die kwessie uitgespreek.

Clayson Monyela, woordvoerder van die Suid-Afrikaanse departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco), het gesê indien die konfliksituasie vererger, dit enorme plaaslike en wêreldwye gevolge kan hê. Dit was vóórdat Rusland die aanval geloods het.

“Suid-Afrika doen ʼn beroep op alle partye om groter aandag aan diplomasie te wy en om ʼn oplossing te vind wat sal help om spanning te verminder en gewapende konflik te voorkom,” het Monyela gesê.

Dr. Naledi Pandor, die minister van Dirco, sê alle partye het baie om te baat by ʼn onderhandelde uitkoms en baie om te verloor in ʼn onnodige en gewelddadige konflik.

Suid-Afrika doen verder ʼn beroep op die VN se veiligheidsraad om ʼn sentrale rol te speel in die soeke na vrede.

“Die veiligheidsraad is die liggaam wat die handhawing van internasionale vrede en veiligheid moet verseker en moet sy rol ten volle speel,” het Pandor gesê.

“Die wêreld het nie nog ʼn oorlog nodig nie, want dit sal dood en vernietiging tot gevolg hê, vandaar ons oproep vir verbeterde diplomasie.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

58 Kommentare

Jean ·

Ek is nie aan Rusland se kant nie, maar Oekraine sê hulle sal wen maar vra hulp van ander lande om te help.

Kokerboom ·

Dis tog logies. Alleen staan hul nie kans teen magtige Russiese boelie weermag. Siek verby!

Etienne ·

US en die UN het gese hy sal hulle ondersteun as hulle van hulle nuclear ontslae raak. In 2014 met die eerste inval was daar nie baie hulp nie. Die ooreenkoms vereis die res van die wereld om op te tree

My siening ·

Pandor hou jou mond jul hang russe aan en wil jou neus indruk terwyl jul die swakste regering ter wereld is. Wag maar slim vang sy baas kader ANC, putin is n swine!

Pieter J ·

Ek het nog altyd gesê Poetin ly onder andere aan die klein mannetjie sindroom en hou ń groot gevaar vir wêreld vrede in. Nou het hy my reg bewys. Ek wil ook voorspel dat hierdie net die begin van al sy eskapades is. Hy weet hy het Navo met hul broek op hul knieĕ gevang en gaan nog baie aapstreke aanvang as daar nie meer drasties teen hom opgetree word nie. Hy het ook die vermetelheid om die westerse wêreld te dreig met ń kernoorlog wat weereens bewys hoe gevaarlik en ongebalanseerd in my oë hierdie ou is.

Porseleintjie ·

Sommige gebeure is onafwendbaar. Me, myself and I is die kookppt vir sulke dinge.

Martin ·

Waar is die demokrate, flag-huggers en tree-huggers nou…? Almal is skielik stil. Boris en Biden moet asb nie julle gekamoefleerde uniforms nou probeer aantrek nie. Sekere lande sal eenvoudig nie betrokke raak nie, lande soos byvoorbeeld Duitsland wat 49% van hulle gas per pyplyn ontvang vanaf Rusland, Frankryk 24%, Italië 46%, net om ‘n paar lande te noem… Engeland voer tans 6% olie, 5% gas en 3.6miljoen ton diesel in vanaf Rusland per jaar- say no more…

Twallie ·

Ek voel net baie jammer vir die mense wat in die middel vasgevang is.

VaalDonkie ·

Ek ook. Putin en Biden gaan nie mekaar skiet nie, dis mense se seuns en dogters wat moet gaan in die sneeu baklei. En die onskuldige families wie se huise flenters geskiet gaan word.

Gert K ·

Dit is die realiteit en ook die hartseer van oorlog. Diegene wat dit begin bly veilig.

Marthinus W ·

Nuusdienste wys nie hoe die Oekrainers in die Donbas deur Kief aangeval word nie. Dis die rede waarom Poetin onlangs gese het daar is tans n menseslagting aan die gang. En dis die rede wat hy noem vir die erkenning van die onafhanklike gebiede.

Julius ·

Niemand gaan die oorlog stop van die kantlyn af nie. Putin tree soos ‘n ware leier op.
Te lank is Rusland uitgelok vanaf die Weste.You go Putin!

Twallie ·

Jy weet, my Pa het altyd gesê net mense wat nog nooit die ellende, hartseer en komplete radeloosheid van oorlog ervaar het nie, raak sulke snert kwyt.

Vir die mense wat in die middel sit, is dit geen grap nie. Jou vryheid weg. Jou huis weg. Gevaar om elke draai. Daar is geen dienste soos elektrisiteit of skoon water nie. Hongersnood. Kinders, vriende en familie wat doodgaan. En dis yskoud daar in die sneeu.

Maar ek reken dis maklik om sulke twak kwyt te raak uit die veiligheid van jou huis of vanwaar ookal, as dit jou nie raak nie.

Ignorance is bliss.

FrikkievV ·

Juliaas, wag maar tot jy nie meer petrol in jou RR kan gooi nie, dan sal jy ander deuntjie fluit, muppet!

Hester ·

Miskien kan iemand my net vertel, hkm hy aangeval het, het SA dan nie kwansuis nie ingetree nie , nie dat ek veel hoop gehad het wat Naledi Pandoor te sê gehad het nie, hulle SA regering kan nie eers hulle self help nie.
Ek weet Duitsland het het gas gesny, maar hkm val Rusland Oekranië aan.

Marthinus W ·

Hester, dit gaan baie woorde neem om jou vraag te beantwoord. Moet net nie wikipedia toe gaan nie, want die stigter daarvan, Larry Sanger, het sy rug daarop gedraai, en se dit (die Engelssprekende wiki) word nou besit deur mense wat hulself en hul kliente goedpraat, en vyande afkraak. Rusland is vyand; Oekraine is vriend.
Die nuusdiens RT is baie akkuraat, al glo baie mense dis Kremlin propaganda. (RT is Rusland se weergawe van Duitslande se Deutsche Welle, Engeland se BBC, Amerika se Voice of America, Nederland se NOS, Italie se RAI, Belgie se TVMOnde, ens.)

Misky ·

Ek probeer self nog heeltemal agter die kap van die byl kom @Hester, maar soos ek dit het wil Oekraine selfstandig wees en demokraties onafhanklik van Rusland. Hulle wil natuurlik nie toegee nie en ware kommuniste.

Toetsie ·

Hierdie is die beginpunt van die 3de Wêreldoorlog… Kinders van God, sal dit eien as tekens van die tye en hul lewens in orde kry vir Jesus se Wederkoms en wegraping!

Suid Afrika se ministers se eiertjies wat hul in onkunde lê…? Daar gaan n dag kom, wat daar níé meer met hul gepraat en onderhandel word nie. Daardie dag is ook naby…

Pietertjie ·

Hopelik sien die wêreld (weer) presies hoe kommunisme werk. Of nié werk nie.
Hoe weet mens wanneer ‘n kommunis lieg? Jy kyk net of sy lippe beweeg.

Colin ·

Dit gaan ons almal se probleem word. Volgende maand gaan die brandstof prys op. Wag maar tot April vir die groot skok as al die olieprodusente begin reserwes terughou tot hierdie gemors homself uitgewoed het.

casper ·

Die Westerse lande het Ukraine magteloos gemaak deur hulle kernwapens te laat vernietig.
Nou gaan hulle maar mooi op die kantlyne skree terwyl Rusland Ukraine annekseer!!

Ivor ·

Daar het ons dit nou… Geskiedenis word herhaal. WO2 Duitsland. Nou WO3 Rusland (Gog en Magog)…?? Hou nou die oog op Israel en die Middeooste… Openbaaring en Esegiel 38… Wow! Hier kom ‘n ding. Kan die wegraaping in 2022 gebeur…?? Vra mmar net. Groete Ivor.

Mariana ·

Die oorlog is net onnodige bloedverspilling. Putin se kop het uitgehaak. Hierdie ding gaan niks goeds bring nie.

Jacques ·

Wat dink julle: sou hierdie inval ooit plaasgevind het, as Amerika en die demokrate nie geswig het voor die druk van omgewingsaktiviste om Trump se Keystone pypleiding stop te sit nie?

Ek wonder of die omgewingsaktiviste besef hulle het nie net hulleself in die voet geskiet nie, maar nou hulle regering gedwing om die tekort uit die internasionale mark te boelie, en ‘n oorlog aangehits wat duisende (dalk miljoene) lewens kan kos, en al sou hulle die tekort wel kan opmaak, het die “omgewing” enigsins gewen?

piet ·

Die ding kom al ‘n lang pad, ver voor trompetter se klaaglike mislukking as president.

FrikkievV ·

Wat ‘n gemors!
Putin is voorwaar soos ‘n wit Malema, mal soos ‘n haas!

marius ·

En afrika het ‘n wonderlike rekord ne meneer en mevrou belangrik ?

Martin ·

Ons regering in SA is tjoepstil soos muise – ek onder wat is ons regering se reaksie hierop en wie ondersteun hulle, vir Rusland of Oekraïne ? Ek sal bitter graag wil weet maar ek dink ons almal weet wat die antwoord is…

Vexed ·

Ons regering kan niks van waarde hier toevoeg nie, dus beter dat hulle niks se nie.

stargazer ·

Ek is verstom hoe min mense lees wat aangaan in die wereld. Na die 2de wereld oorlog is Nato met 12 lede gestig om die ou USSR in room te hou. Met die val van USSR het meer ou USSR lande by Nato aangesluit om teen Rusland op te tree. Rusland is nie die ou USSR nie maar moes toe sien hoe hulle ondermyn word deur die weste. Rusland wil nie kern of enige wapens aan sy greens he nie. Nato, en al sy bondgenote weet dit, maar hits die situasie om Rusland te destabiliseer. Die doel is die opbreuk van Rusland om Dan Sjina by te kom. Rusland is n moderne wit, christelike land en steek n pooitjie voor die new world order. Toe America in 2014 die land se president in n omgreep vervang het, het Rusland Crimea ingeval om orde te skep, want die bevolking is 99% russies. Toe by die Minsk skiet stil stand is besluit Oekriene Sal onafhanklikheid aan die 2 oosterste gedeeltes gee. Putin het gewaarsku dat as hulle nie gewin gee aan die Minsk ooreenkoms nie,

stargazer ·

If you don’t know history, you are doomed to repeat the same mistakes. WW1 WW2 WW3?

stargazer ·

Toe Oekriene nie gehoor gee aan die Minsk ooreenkoms nie, onder druk van America, het Putin die 2 gebiede erken en hul beskerming gegee. Dit kon alles oogelos gewees het as Oekraiene, wat uiteraard korrup is, net gehoor gegee het aan die Minsk ooreenkoms. Omdat Rusland nie aan geval het nie, het Oekraiene, aangepor deur America die 2 gebiede aan geval in n vals flag operasie om Rusland uittelok. Toe tree Putin op om die moord op die mense te stop. Dit gaan al 7 jaar aan. 13700 mense is al vermoor deur die Oekraiene alliansie, lees America en vennote. Moet my nie glo nie, doen jou huiswerk en lees meer. Ons is in die middle van die new world order waar ons nie meer bestaan nie. Kyk na die malligheid met die vaccines. Rusland en Sjina het hulle eie gemaak wat nie dood maak nie, dus is net westerse vaccines beskikbaar. Rusland en Sjina speel nie saam nie. Rusland en Sjina is nie onskuldig nie in afgryse nie, maar hier is hulle reg. Hoe meer jy weet, hoe meer Kan jy sien wat aangaan. Lees

Hoekom ·

Rusland het ‘n geleentheid aangegryp wat geskep is deur Amerika en Europa se swak leierskap. China gaan dit dophou en dieselfde gaan met Taiwan gebeur. Putin se Rusland hunker terug na die Imperialisme wat Rusland gehad het voor Lenin en sy Bolsheviks alles kom verander het in die naam van twak kommunisme. Die weste moes lankal opgetree het met ‘n “preemptive strike” op die russiese wapentuig en troepe op die grens dan was daar dalk nou nog vrede of Rusland se plan was vertraag. Dit is net nog ‘n bewys van die swakheid wat westerse nasies ondervind onder hulle huidige leierskap. Soos die engels man sal sê “The early bird catches the worm”…

Jacques ·

‘n “Pre-emptive strike”…. teen ‘n land wat kernwapens besit? Moet asb nooit militêre strategie as loopbaan oorweeg nie, hoor…..

Dirk Mostert ·

Nogal baie soos Israel wat al die Arabiese vliegvelde in een nag/dag vernietig het, waarmee die ses-dae oorlog begin het. Israel beset steeds die Golan Hoogland en die Wesoewer, maar ek kan nie onthou van enige VN-optrede of sanksies nie. Die VSA se aanval op Irak weens beweerde wapens van massa-vernietiging (vals CIA-inligting) en sy regime verandering operasie op Sirie (met groot verwoesting en lewensverlies) is oor die hoof gesien deur die VN en die Weste. Beste om alle beskikbare TV-kanale te volg vir ‘n gebalanseerde siening. As Oekraine by die Minsk-verdrag gehou het, was dit nie nou vir Rusland nodig om sy volksgenote in Donbas te beskerm nie.

Carel ·

R50 ‘n liter petrol; isch
Rusland is die wêreld se Derde Grootste olieprodusent. Hier gaan GEEN wenners uit die stryd tree nie

VaalDonkie ·

Gelukkig werk ek van die huis af. My grootste bekommernis is of my kar se battery nie pap word nie.

Petrus ·

Putin gee aan twee lande onafganklikheid en tree geweldadig op teen n ander. Hy is magsbehep. Hy sou dit nie probeer het as Trump nog op die toneel was nie.

Willem ·

Ek woon al meer as 20 jaar in Oekraïne en wil Maroelamedia bedank dat julle hierdie berig geplaas het om mense bewus te maak van die konflik. Ongelukkig reflekteer die Suid-Afrikaanse regering se kommentaar nie ‘n sterk-genoeg posisie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.