Oekraïne se twis verdiep

Angela Merkel

Angela Merkel

Selfs herhaalde oproepe van kanselier Angela Merkel van Duitsland na pres. Wladimir Poetin van Rusland kon nog geensins tot die oplossing van die twis oor die Oekraïne oplewer nie. Merkel bied haarself as onderhandelaar aan.

Rusland sowel as die Weste maak daarop aanspraak dat hul eie standpunte in ooreenstemming met die internasionale reg is.

Intussen neem pro-Russiese betogings buit die Krim, veral in die ooste en suide van die land toe, en selfs die belangrike hawestad, Odessa, het al deurgeloop. Dit is nie net etniese Russe wat daaraan deelneem nie, maar ook Oekraïners. Tradisioneel skaar die Oekraïners in die ooste hulle sterk by Rusland, wat hulle beskou as die bevryders van die Duitsers se Nazi-inval tydens die Tweede Wêreldoorlog. Die inwoners van die res van die land het ‘n meer westerse lewensbeskouing.

Internasionale waarnemers beskou 16 Maart, wanneer die inwoners van die Krim ‘n referendum hou oor die aansluiting by Rusland, as ‘n belangrike maak-of-breekdatum, en diplomatieke pogings is verskerp om ‘n oplossing voor die 16de te vind.

Die regering van die Oekraïne weier om ‘n vierkante sentimeter grondgebied, hetsy in die Krim of elders, af te staan. Die regering maak blykbaar daarop staat dat die Weste tot sy hulp sal kom as Rusland verder sou inval.

Amerikaanse waarnemers verskil daaroor os die geteikende reisbeperkings en sanksies wat teen Rusland in gestel is die Russiese regering reeds tot ander insigte begin dwing het.

Bronne: De Standaard, The Globe and Mail, Voice of America, Christian Science Monitor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.