Oekraïne: Tot 60 dalk dood ná lugaanval op skool

Argieffoto (Foto: Frauke Riether/Pixabay)

Sestig mense wat in ʼn skool in die ooste van Oekraïne skuiling gesoek het, is vermoedelik dood ná ʼn lugaanval, het die Lugansk-streekgoewerneur Sondag gesê.

“Bilohorivka (die dorpie) is Saterdag deur ʼn lugaanval getref,” het Sergii Gaidai gesê. “Die bomme het op die skool geval en die gebou is ongelukkig heeltemal verwoes. Daar was altesaam 90 mense, waarvan 27 gered is,” het hy op Telegram gesê. “Sestig mense wat in die skool was, is waarskynlik dood.”

Reddingswerkers kon nie oornag werk nie uit vrees vir nog lugaanvalle. Hulle het Sondag hul werk hervat.

Daar word ook gesoek na oorlewendes in die nabygeleë dorp Shepilivka ná ʼn lugaanval ʼn huis getref het waar 11 mense in die kelder geskuil het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Grassie

Orraait MM, ek sal maar weer probeer. Menseslagting is ‘n onvermydelike deel van oorlog. Dit is iets wat ons nie wil beleef nie maar die moontlikheid hier is nie uitgesluit nie. Met ‘n werkloosheidsyfer van meer as 40% en haatspraak en opstoking deur sekere faksies in ons land kan dinge maklik hand uitruk. Ons het verlede jaar gesien waartoe die massas in staat is. Ek glo dit was maar net die begin. Hef aan lê nog voor.