Oekraïne: Tydelike selfbestuur vir rebelle aangebied

Pres. Petro Porosjenko. Foto: Петро Порошенко/Facebook

Pres. Petro Porosjenko. Foto: Петро Порошенко/Facebook

Die parlement van Oekraïne sal Woensdag besin oor die toestaan van selfbestuur vir die volgende drie jaar aan gebiede in Oos-Oekraïne.

Pres. Petra Porosjenko het pas hierdie tydelike selfbestuur en amnestie van vervolging aan die rebelle aangebied. Tot dusver het die rebelle enige voorstel van selfbestuur verwerp, en dring op volkome onafhanklikheid aan. Selfs die Russiese voorstel van federalisme of selfregering word eenvoudig verwerp.

Intussen hou die wêreld asem op oor of die skietstilstand gaan hou. Maandag is ses mense dood in hewige artillerievuur. Oekraïne ontken dat hy enigsins by die skietery betrokke was. Gereelde skendings van die skietstilstand kom voor, sodat kenners dit as in effek geen skietstilstand nie beskryf. Tog gaan die twee partye voort asof die skietstilstand bestaan, en word verskeie krygsgevangenes vandag uitgeruil, en oor ’n dag of twee weer.

Die parlement moet ook besin oor ’n vennootskap met die Europese Unie.

Bronne: Die berig in Trouw kan hier gelees word. ‘n Vroeëre berig in die Christian Science Monitor kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.