OJ Simpson dan op parool vrygelaat

OJ Simpson verskyn voor die paroolraad in Lovelock, Nevada (20 Julie 2017). Foto: Lovelock Correctional Center via AP

OJ Simpson, die bekende voormalige Amerikaanse voetbalspeler, wat tans tronkstraf vir ontvoering en roof uitdien, sal in Oktober op parool vrygelaat word.

Simpson was nege jaar lank agter tralies. ABC berig Simpson (70) het Donderdag voor ʼn paroolraad in Lovelock, Nevada verskyn waar hy gesê het hy het berou vir sy dade en is tot nederigheid gedwing deur sy gevangenisstraf. Toe die paroolraad sy uitspraak gelewer het, het ʼn emosionele Simpson verlig geglimlag en gesê: “Dankie, dankie”.

Simpson is in 2007 in hegtenis geneem vir sy betrokkenheid by ʼn mislukte rooftog in Las Vegas toe hy ʼn groep mans in ʼn hotel en casino in gelei het om sportmemorabilia te steel. Hy het aangevoer die memorabilia het aan hom behoort. Hy is die daaropvolgende jaar tot 33 jaar tronkstraf gevonnis.

Simpson is 1994 vrygespreek op ʼn aanklag dat hy sy gewese vrou, Nicole Brown Simpson en haar vriend Ronald Goldman vermoor het. Hoewel Simpson aan die moord vrygespreek is, het Goldman se familie met ʼn $33 miljoen siviele eis weens onregmatige doodslag geslaag.

Dié hofsaak word steeds as een van die opspraakwekkendste hofsake van alle tye bestempel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Nico K ·

Ek moet tog die storie weer vertel. Daar in 1994 toe hy aangekla is, toe sê die staatsaanklaer blykbaar in die hof toe OJ Simpson moes getuig dat hy wat OJ is net toneel speel. Daarna skryf een joernalis hy wil net vir die staasaanklaer sê dat hy vir OJ in die rolprent “Naked Gun” gesien het en dat OJ Simpson kan nie toneel speel nie.

anton ·

Ha Haaaaaa……lekker lag ek nou.
Ja wat n grap en wat sommige mense nie kan kwytraak nie.
Hoe sê hulle??? Almal is nie so lekker TEN TEN nie.

Jeannette ·

Ja-nee, lyk my nêrens in die wêreld is daar regverdigheid in enige justisie-stelsel nie, ook nie eens in Amerika nie. OJS is 33 jaar opgelê, maar dien net ietsie minder as 9 jaar uit en word dan geparool. In ‘n onlangse dokumentêr oor die wrede moorde van NBS en RG is dit selfs vir die leek dat dit wél OJS is wat dit gepleeg het.

Die swart handskoen, wat sleutelgetuienis was in die saak, is verwerp omdat dit hom nie gepas het nie. Sy regsverteenwoordiger het so ewe self-voldaan uitgeroep: “If it does not fit, you should acquit!”. Dit, terwyl OJS sy medikasie om die swelling van sy hande en voete te beheer, stopgesit het.

En in SA kry ‘n jaloerse moordenaar 6 jaar tronkstraf vir moord “dolus eventualis”, ná ‘n heen-en-weer tussen hof, tronk, hooggeregshof en konsitusionele hof en weer tronk, en kan hy binne 2½ jaar vrygelaat word.

amelia ·

Ekt altyd gedink die man is n bokser. Vandag leer ek ook iets.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.