OJ Simpson nou ’n vry man

OJ Simpson verskyn voor die paroolraad in Lovelock, Nevada (20 Julie 2017). Foto: Lovelock Correctional Center via AP

Die voormalige Amerikaanse voetbalspeler en akteur, OJ Simpson, is nou ’n vry man nadat hy sy parooltydperk voltooi het.

Die 74-jarige Simpson is in Oktober 2017 op parool vrygelaat ná nege jaar in aanhouding in ʼn gevangenis in Nevada in die VSA. Dit volg ná hy tydens sy verskyning voor die paroolraad gesê het dat hy berou oor sy dade het en tot nederigheid gedwing is deur sy gevangenisstraf.

Simpson is destyds skuldig bevind aan gewapende roof, aanranding en tien ander aanklagte.

Simpson was veronderstel om eers in Februarie 2022 sy parool te voltooi, maar die datum is vervroeg.

Simpson is in 2007 in hegtenis geneem vir sy betrokkenheid by ʼn mislukte rooftog in Las Vegas toe hy ʼn groep mans in ʼn hotel en casino ingelei het om sportmemorabilia te steel. Hy het aangevoer dat die memorabilia aan hom behoort. Hy is die daaropvolgende jaar tot 33 jaar tronkstraf gevonnis.

Simpson is in 1995 vrygespreek op aanklag dat hy sy gewese vrou, Nicole Brown Simpson, en haar vriend Ronald Goldman vermoor het. Hoewel Simpson nie aan die moord skuldig bevind is nie, het Goldman se familie met ʼn $33 miljoen (R532 miljoen) siviele eis weens onregmatige doodslag geslaag.

Simpson sê tot vandag dat hy onskuldig is.

Dié hofsaak word steeds as een van die opspraakwekkendste hofsake van alle tye bestempel. Die saak is omskep in die Emmy-bekroonde FX-TV-reeks The People vs OJ Simpson: American Crime Story wat in 2016 uitgesaai is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Harry ·

The people he robbed were not kiled, so what are you talking about?

Vicky ·

Hy was in die tronk vir roof,hy het niemand gedood nie. Hy was vòòr dit beskuldig dat hy sy vrou en haar vriend vermoor het,hy was onskuldig bevind. Twee heeltemal verskillende sake.

Suzette ·

Ek glo nie hierdie ou se storie van onskuld nie, sy rekord getuig dat hy inderdaad ‘n krimineel is waarvan moord nie noodwendig uitgesluit is – maar nou ja, een van die wat met moord weggekom het.

FJ ·

Ek sê sy seun het met moord weggekom. Pa het net stil gebly daaroor.

Elinette ·

Man, hy is so skuldig aan NBS en RG se dood soos wat ek skuldig is aan elke dag asemhaal. Hy het net ‘n sluwe prokuROWER gehad wat omstandigheidsgetuienis in sy guns bewimpel het, bv. deur Simpson aan te raai om sy kortisoonpille te staak, wat veroorsaak het dat sy hande geswel het en die handskoene wat op die moordtoneel gevind is, nie gepas het nie. “If it doesn’t fit, you must acquit”, was sy nou-bekende aanhaling mos.

Tiptol ·

Die polisie het ook bewyse geplant. Hoekom dit doen as hy in elk geval skuldig was.

madels ·

Nie eers geweet hy lewe nog nie, hy het hom berou nie, veral omdat hy nogsteeds volhou dat hy nie die moorde gepleeg het nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.