‘OK’ en ‘ew’ van die woorde in nuwe Scrabble-woordeboek

Skermskoot uit die nuwe Scrabble-woordeboek (Foto: Richard Drew/AP Photo)

Scrabble-spelers sal mooi moet dink voor hulle weer iemand uitdaag: 300 nuwe woorde, insluitend “OK” en “ew” om maar net ʼn paar te noem, is in die nuwe woordeboek opgeteken.

Merriam-Webster het die sesde weergawe van The Official Scrabble Players Dictionary Maandag vrygestel, vier jaar ná die vorige weergawe.

Leksikograaf Peter Sokolowski, redakteur by Merriam-Webster, het gesê twee- en drieletterwoorde hou die speletjie aan die gang, en daarom is “OK” ook opgeteken.

Verskeie ongewone woorde is ook bygevoeg, waaronder “qapik” – ʼn geldeenheid in Azerbaidjan. “Qapik” is nou een van 20 woorde wat met ʼn “q” begin, maar nie ʼn “u” benodig nie.

Nog ʼn woord waarmee jy hoë punte kan verdien, is bizjet (ʼn klein vliegtuig wat vir besigheid gebruik word): dis 120 punte werd as jy dit as ʼn aanvangswoord kan neersit met die -s meervoudsvorm (50 bonuspunte vir al sewe letters en dubbelwoordbonus tydens die aanvang van die speletjie). Daar is ook allerhande kosterminologie soos “arancini” (Italiaanse gevulde rysballetjies) of “macaron” (die klein Franse amandelkoekies).

Buiten “ew” is daar ook “yowza” en “zen”. Nog nuwe woorde sluit aquafaba, beatdown, zomboid, twerk, sheeple, wayback, bokeh, botnet, emoji, facepalm, frowny, hivemind, puggle en nubber in.

Die eerste Scrabble-woordeboek is in 1976 deur Merriam-Webster gepubliseer. Die nuwe woordeboek bevat meer as 100 000 woorde.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Macaron X ·

Maroela Media; ‘n macaroon is ‘n klein Franse amandelkoekie, nie ‘n macaron nie.

Annelise ·

Toe ek klein was het ons ń Afrikaanse Skrabbel gehad. Ek wens só dat daar weer een sal uitkom!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.