Olifant-skieter vrygespreek

Argieffoto

Argieffoto

Allen Bekker, ʼn professionele jagter en sakeman van Kasane in Botswana, is vrygespreek nadat hy verlede jaar ʼn olifant op sy eiendom doodgeskiet het.

Bekker wou verlede jaar die olifant verjaag toe dit sy eiendom betree en sy vrugtebome beskadig het. Die dier het egter op hom afgestorm en hy het dit uit selfverdediging doodgeskiet.

Hy het vantevore die olifant, wat herhaaldelik sy eiendom betree het, by die departement van natuurbewaring aangemeld.

Die ministerie van omgewingsake het in ʼn verklaring gesê Bekker is nie krimineel aangekla nie, aangesien hy binne sy regte onder die Wet op Natuurbewaring en Natuurlike Parke opgetree het.

Die wet sê dat ʼn grondeienaar of bewoner ʼn dier mag doodmaak wat vee, gewasse, waterinstallasies of heinings op die grond beskadig of bedreig.

Ná die olifant geskiet is, het wildbewaarders toegelaat dat inwoners sy vleis vir hul persoonlike gebruik kan neem. Klik hier om ʼn video daarvan te sien. Waarskuwing: Die video is grafies en kan sensitiewe kykers ontstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.