Brent Williams, besturende direkteur van Adventure Zone, het gesê die olifant wat vir safari-ritte gebruik word, het Saterdag by die Victoria-waterval in Zimbabwe vir Enoch Kufandada bestorm en hom doodgetrap. Kufandada was ʼn ervare gids wat al vir 12 jaar lank by die onderneming gewerk het.
Die 30-jarige olifant, Mbanje, het glo net skielik op Kufandada afgestorm. Volgens Williams sal die voorval ondersoek word.
Intussen het ʼn olifantkoei Maandag ʼn wildbesigtingsvoertuig in die Bwabwata-nasionale park in Namibië bestorm en omgekeer. Volgens die park was gaste van die Namushasa River Lodge op ʼn wildbesigtigingsrit en het hulle op olifante afgekom.
Die olifante was glo sowat 50 m ver toe die koei skielik op die voertuig afgestorm en dit omgekeer het. Volgens die park is daar geen beserings aangemeld nie en het al die gaste veiligheidsgordels aangehad. Die park het gesê dit is die eerste keer dat só ʼn voorval plaasvind.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
13 Kommentare
Wilde diere is Wildediere punt. Wanneer sal die mensdom leer om wildediere hulle Vryheid in die natuur te gun. Nou word die dier dood gemaak.
Is hulle dalk gefrustreerd omdat daar op hulle geskiet word van tyd tot tyd?
Gun tog die dier ook sy spasie. Genade tog! En alles word van kant gemaak bloot omdat mense wilde diere se gedrag wil beheer. Skandelik. 50m is te naby..skaf n goeie verkyker aan.
Olifante het fantastiese geheue. Dalk ‘n geniepsigheidjie hier en daar ontvang so met die safari-lopery saam. Hul onthou baie goed en is dalk eendag bietjie “moody” …
Die koei was dalk geirriteer met getoeter of gegiggel of baie fotonemery. Respek is nog nodig in die diere-wêreld. Anders kan mens maklik tweede kom.
Snaaks dat siere nie n “verhoor/borgtog” n 2de kans kry nie. DOODSTRAF onmiddelik!
Tog as n MOORDENAAR iemand koelbloedig doodmaak. Wreed. Moor. Kry hy “regte” om vir sy vryheid te baklei…
Waarom? Omdat die mens bo n dier is op die “ranglys” tog is meeste kriminele slegter as die slegste dier…