Olifant trap gids dood; nog ʼn grootvoet keer motor om

Die omgekeerde voertuig. Foto: Facebook

ʼn Olifantbul is van kant gemaak nadat hy ʼn gids by ʼn gewilde vakansiebestemming bestorm en doodgemaak het.

Brent Williams, besturende direkteur van Adventure Zone, het gesê die olifant wat vir safari-ritte gebruik word, het Saterdag by die Victoria-waterval in Zimbabwe vir Enoch Kufandada bestorm en hom doodgetrap. Kufandada was ʼn ervare gids wat al vir 12 jaar lank by die onderneming gewerk het.

Die 30-jarige olifant, Mbanje, het glo net skielik op Kufandada afgestorm. Volgens Williams sal die voorval ondersoek word.

Intussen het ʼn olifantkoei Maandag ʼn wildbesigtingsvoertuig in die Bwabwata-nasionale park in Namibië bestorm en omgekeer. Volgens die park was gaste van die Namushasa River Lodge op ʼn wildbesigtigingsrit en het hulle op olifante afgekom.

Die olifante was glo sowat 50 m ver toe die koei skielik op die voertuig afgestorm en dit omgekeer het. Volgens die park is daar geen beserings aangemeld nie en het al die gaste veiligheidsgordels aangehad. Die park het gesê dit is die eerste keer dat só ʼn voorval plaasvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

christa ·

Wilde diere is Wildediere punt. Wanneer sal die mensdom leer om wildediere hulle Vryheid in die natuur te gun. Nou word die dier dood gemaak.

Marina ·

Ai dit is so hartseer dat die diere altyd daaronder moet ly

Carel ·

Is hulle dalk gefrustreerd omdat daar op hulle geskiet word van tyd tot tyd?

Marlene ·

Gun tog die dier ook sy spasie. Genade tog! En alles word van kant gemaak bloot omdat mense wilde diere se gedrag wil beheer. Skandelik. 50m is te naby..skaf n goeie verkyker aan.

Theresa ·

Olifante het fantastiese geheue. Dalk ‘n geniepsigheidjie hier en daar ontvang so met die safari-lopery saam. Hul onthou baie goed en is dalk eendag bietjie “moody” …
Die koei was dalk geirriteer met getoeter of gegiggel of baie fotonemery. Respek is nog nodig in die diere-wêreld. Anders kan mens maklik tweede kom.

Doodstraf... ·

Snaaks dat siere nie n “verhoor/borgtog” n 2de kans kry nie. DOODSTRAF onmiddelik!
Tog as n MOORDENAAR iemand koelbloedig doodmaak. Wreed. Moor. Kry hy “regte” om vir sy vryheid te baklei…
Waarom? Omdat die mens bo n dier is op die “ranglys” tog is meeste kriminele slegter as die slegste dier…

Tjert ·

Hierdie het NIKS met die olifant te doen nie!!! Die probleem is die kar… Ek wou my Land Rover Defender never maaind omsmyt…wou die ding soms sommer ani brant steek of net iewers ini velt los wa olifante hom heelmal kan verwoes… is die kar mense….is die karrrr!!!

Anne coetzer ·

Diere se habitat en area is nie eintlik bedoel vir mense nie. Hulle bly nie saam jou elke dag nie so jy is n gevaar in hulle gebied soos n leeu in jou gebied n gevaar is. Jammer ou ollie dat jy nou die spit moes afbyt.

Linette ·

@tjert, lag ek nou vir jou! Ek het êrens eendag iets gehoor van die Landrover is die Britte se wraak aan die wêreld oor die een of ander iets. Miskien moet jy maar jou Landrover vir Ford stuur, sodat hulle hom met foutiewe Kuga-parte kan toerus – hy sal homself sommer dan aan die brand steek en jou sodoende moeite spaar! :-)))

SARIE VAN HEERDEN ·

As jy die kommentare lees is dit duidelik dat lesers simpatie het met die indringing van mense op die diereryk. Die boodskap is deurgaans: Gun die diere hul spasie.

Estelle ·

HOEKOM WORD DIE DIERE VAN KANT GEMAAK AS DIT MENSE IS WAT IN HUL GEBIED INBEWEEG????????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.