Olifant vertrap Zim-jagter

Ian Gibson Foto: Chifuti Safaris

Ian Gibson Foto: Chifuti Safaris

Ian Gibson, ʼn professionele jagter van Zimbabwe, is in die noorde van dié land dood toe ʼn olifantbul hom vertrap het, het sy maatskappy Donderdag gesê.

Gibson en ʼn kliënt was Woensdag besig om die olifant in Chewore North, in die laer Zambesi-vallei te volg, het Chifuti Safaris in ʼn verklaring op die webwerf africahunting.com gesê.

Hulle het die olifant reeds vyf ure lank gevolg en het besluit om stil te hou sodat die kliënt kon rus. “Ian en sy spoorsnyer Robert het gevoel hulle is naby die olifant, en het steeds die spoor bly volg in die hoop om goed te kan sien hoe die ivoor lyk,” het Tim en Dave van Chifuti Safaris gesê. Die kliënt het saam met ʼn spoorsnyer agtergebly. Robert het aangedui dat die olifant bronstig is. “Hulle het uiteindelik die bul op ʼn afstand van tussen 50 meter en 100 meter raakgesien. Die bul het omgedraai en op hulle afgestorm. Ian en Robert het begin skree om die stormloop te keer en Ian kon een skoot vuur voor die bul hom vertrap het. Die toneel was baie grafies.”

Tim en Dave het gesê Gibson was “ʼn baie goeie ou” en “een van die mees ervare professionele jagters op die Afrika-kontinent”.

Medejagters het ook hul medelye uitgespreek op jaggemeenskapswebwerwe.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Marius Fourie ·

Rus In Vrede Ian Gibson. Mag die familie vrede ondervind in hierdie moeilike tyd van rou.

Dirk ·

Ons is baie jammer.
Maar wat laat ‘n mens in die eerste plek diere skiet?

Uys ·

Dirk daar is ń verskil tussen diere skiet en Jag. Self jou voorvaders en die grotman het diere gejag. Vegitarieër beteken slegte jagter.

Tammy ·

Moenie diere doodmaak nie. Mense het reeds hulle gebied erg verklein vir ontwikkeling en boerdery. Die natuur sal hulle self minder maak. Geen simpatie.

Zelda Oberholster ·

Dis so verligting as die Diere ook soms wen! Ye vir die wonderlike OLIFANT! Grootwildjagters is ‘n ‘siek ras’ wat die mensdom sonder kan doen!!

Moeggepraat ·

Ek kan ongelukkig nie jou dade goedpraat nie, jammer!

SI ·

Voel jammer vir die ‘legendaries grootwildjagter’, maar Uys, dis een ding om diere te jag vir oorlewing maar dis ‘n ander ding om diere te jag vir ‘n trofee ….. ek is nou maar een maal ‘n diere liefhebber en voel jammer as hulle so uitgewis word. Zimbabwe is ook besig om van hierdie diere te hervestig in ander lande …. daar is nie veel oor van die eens geliefde diere rykdom in Zimbabwe nie … danksy Mugabe en andere ….

SA ·

Voel jammer vir die ‘legendaries grootwildjagter’, maar Uys, dis een ding om diere te jag vir oorlewing maar dis ‘n ander ding om diere te jag vir ‘n trofee ….. ek is nou maar een maal ‘n diere liefhebber en voel jammer as hulle so uitgewis word. Zimbabwe is ook besig om van hierdie diere te hervestig in ander lande …. daar is nie veel oor van die eens geliefde diere rykdom in Zimbabwe nie … danksy Mugabe en andere ….

Antoinette Helberg ·

Jare terug is diere gejag vir die uitsluitlike doel – kos. Dit was meestal bokke wat geskiet was.
Deesdae word groot wild wie se vleis nie eens eetbaar is nie, geskiet in die naam van geld.
Trofee jagters wat pragtige uitsondelike diere skiet vir die pret. Dit is ‘n euwel. ‘n Man moes
ongelukkig die prys betaal maar die stomme dier het net himself verdedig. Wanneer gaan die sinnelose gejag op ons groot wild end kry

Louis ·

Geen simpatie….. Olifante word gestroop vir hulle Ivoor en dan word hulle nog (wettig) gejag ook deur sulke mense. Dan word die ou nog as ń goeie man beskryf……. Moordenaars IS NIE!!! goeie mense nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.