Olifante in Zimbabwe doodgeskiet

Foto: coyot.es

Foto: coyot.es

Twee olifante is buite Bulawayo in Zimbabwe doodgeskiet en inwoners het hulle opgesny vir vleis, volgens ooggetuies en mediaberigte.

Die plaaslike B-Metro-koerant het Saterdag berig die twee olifante is Donderdag in Umguza doodgeskiet, 15 km van die middestad. ʼn Derde olifant kon glo wegkom.

“Inwoners het vir hul veiligheid gevrees en het besluit die diere moet van kant gemaak word om kontak met die diere te verhoed,” het die koerant berig.

ʼn Hanteerder van die Southern Equestrian Centre-stalle in Bulawayo het glo Donderdagoggend drie olifante in een van die stalle opgemerk. “Die polisie het twee olifante by McDonald Bricks geskiet en vir die mense gesê hulle kan vleis kom haal,” het ʼn Sapa korrespondent berig. Die B-Metro het berig toe hy omstreeks 18:30 by die toneel opgedaag het, was daar ongeveer 200 mans, vroue en kinders wat besig was om die twee olifante op te kap.

“Dit is ongelooflik,” het Sikhumuleli Ncube, een van die inwoners, aan die koerant gesê. “Ek gaan vir die volgende twee maande nie vleis koop nie. Dit is manna uit die hemel.”

Van die inwoners het met vragmotors opgedaag om die vleis te vervoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.