Olimpiese atlete sterf toe helikopters bots

Camille Muffat. Foto: Facebook

Camille Muffat. Foto: Facebook

Drie Olimpiese atlete van Frankryk tel onder die tien mense wat omgekom het toe twee helikopters in die weste van Argentinië teen mekaar gebots het.

Die atlete het deelgeneem aan die verfilming van ʼn werklikheidsreeks genaamd Dropped toe die ongeluk in goeie weer plaasgevind het. Die atlete wat in die ongeluk dood is, is geïdentifiseer as die bokser Alexis Vastine (28), die swemmer Camille Muffat (25), en die seiljagvaarder Florence Arthaud (57).

Agt Franse burgers en twee burgers van Argentinië is in die ongeluk dood. Die oorledenes was onder andere lede van ’n filmspan wat die deelnemers in die ander helikopter moes verfilm.

Die werklikheidsreeks volg bekendes waar hulle in afgeleë plekke afgelaai word en dan sonder kos en ander toerusting hul weg na ’n helikopter moet vind om by die volgende plek afgelaai te word.

Volledige berig in Trouw kan hier gelees word.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.