Omroeper afgedank ná twiet oor baba Sussex

Prins Harry en sy vrou, Meghan, met hul eersteling, Archie Harrison Mountbatten-Windsor. (Foto: Dominic Lipinski/Pool via AP)

ʼn Omroeper van BBC Radio is die trekpas gegee nadat hy ʼn twiet geplaas het wat wyd gekritiseer is as rassisties en onvanpas.

Danny Baker, omroeper by BBC Radio 5 Live, het later die omstrede twiet uitgevee en om verskoning gevra, maar die vet was reeds in die vuur en hy is in die pad gesteek.

CNN berig Baker het Woensdag, in reaksie op die nuus dat prins Harry en sy vrou, Meghan, se eersteling gebore is, ʼn foto getwiet van ʼn man en vrou wat hande vashou met ʼn sjimpansee in ʼn pak en keil. Hy het dié foto met die onderskrif “Koninklike baba verlaat die hospitaal” getwiet.

Nadat Baker van rassisme beskuldig is, het hy haastig die twiet uitgevee en om verskoning gevra dat hy “sommige mense ontstig het”. Hy het beweer hy het nooit self die rasseverbintenis gemaak nie en het bloot ʼn grap gemaak oor “koninklikes versus sirkusdiere in luukse klere, maar dit is geïnterpreteer as oor ape en ras”.

ʼn Woordvoerder van BBC het Donderdag gesê die twiet was ʼn ernstige oordeelsfout en in teenstelling met die waardes van die stasie. “Danny is ʼn briljante omroeper, maar sal nie meer ʼn weeklikse program by ons aanbied nie,” het hy gesê.

Baker het gister weer op Twitter om verskoning gevra vir die opslae wat hy veroorsaak het. “Ek het die verkeerde foto gekies om ʼn grap mee te illustreer en dit was ʼn ramp,” het hy gesê. “Ek het aangejaag. Erg aangejaag. Maar dit was ʼn opregte, naïewe en katastrofiese fout. Die foto in die konteks waarin die aangebied is, was natuurlik skandelik rassisties. Dit was nooit die bedoeling nie. Ek betaal nou tereg die prys vir hierdie kras en jammerlike flater.”

Die hertog en hertogin van Sussex se eersteling, Archie Harrison Mountbatten-Windsor, is op 6 Mei gebore. Prins Harry en Meghan het Woensdag die wêreld ʼn eerste kykie na Archie gegee wat koningin Elizabeth II se agtste agterkleinkind is.

Die baba is ook die eerste veelrassige Britse koninklike in eeue. Meghan se pa is wit en haar ma swart.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

CHAPPIES ·

LÉÉÉÉÉÉR…tog nou maar, om van sosiale media vêr ÁF WÊG te bly,met allerlei persoonlike ou grappies en gunsies… !! Of vóél nou maar…

Cherokee ·

By die politieke media het jy jouself verraai. Jy moet bly by wat jy predik.

Eunice ·

welkom ou oompie safaripak,met sy groen kouse en kam ini kous,cherokee!

Anke ·

Ek het nog nooit gedink n aap/bobbejaan/chimp verteenwoordig iemand se ras nie. Altyd gedink dis net ‘cute’. Ek verstaan nie waarom iemand dink dis rassisties nie.

Helene Heyns ·

Ek ook nie, Anke. Kan gladnie hier die kloutjie by die oor kry nie. Miskien moet mense minder gevoelig wees oor hul ras.

IK ·

Snaaks hoedat velkleur/herkoms hier genoem mag word maar met ander berigte is dit doodeenvoudig taboe. Dan moet daar bloot raaiwerk gedoen word. Mens sal die media nooit verstaan.

AH ·

Ek stem saam met Anke & Helene Heyns. Daar moet áltyd ‘n negatiewe “spin” op alles geplaas word! Ek sou dit glad nie in ‘n rassistiese lig gesien het nie. Wie het besluit dat ‘n oulike diertjie ‘n sekere ras verteenwoordig? Watter ras is ‘n donkievulletjie of ‘n skaaplammetjie?

CJ ·

Met n naam soos Archie moet die ouerpaar maar weet daar gaan grappies en spot iewers soos masels uitslaan …

Damon ·

Ek het eers verkeerd gelees en gedink jy gee die kind ‘n ander derogatory naam…

MJ ·

Dink nie die kind sal ligte of rooi hare hè nie. Die donkervel en donker hare tipe is baie dominant in sulke kruisings. Maar aangesien die ma 50% die een en 50% die ander is, kan die kind dalk baie lig van gelaat wees.

Vic ·

Dit is nou hartseer ! Ek kan totaal en al die man se denke begryp, al hulle doen en late ontaard altyd in n sirkus. Aan die ander hand BBC is vreeslik ras behep, soveel so dat hulle soms n storie van selfs arme ou Suid Afrika opkook vir die wereld. Die ouers moet tog net weg bly van die dieretuin met hulle kroos, n foto saam met enigge dier daar kan dalk selfs vir Koning Leeu die trekpas verseker . . .

Lollie ·

Dis maar net oor dit koninklikes is. Hulle word mos opgehemel soos een of ander afgod. Kleinlik!

Lizelda ·

Nee man dis vieslik om sulke nare goed kwyt te raak. As jy nie saamstem met hoe ander mense voel en dink nie bly liewer stil

Kobus ·

Cherokee…Ek lewer ook soms kommentaar op hierdie blad…maar ek laat myself nie uit oor berigte waar ek my naam met n plank sal slaan…nie te se dat ek soms ook n opinie vorm wat heeltemal teen die algemene sienings is…maar ek hou liewer my vingers op hul plek…het jou so n ruk gelede ook aangevat oor jou ondubbelsinnige en soms sarkastiese kommentaar..soms sluip die alwetendheid ook in…merk dat van my medekommentators ook nou hul mes in het vir jou…my beskeie raad aan jou…as jy nie iets sinsvol waar almal saam kan oor debatteer kwytraak…lees maar en los dit vir die met insig en word wys

Denise ·

Weet nie,of daar enige BYKOM salf te smeer is, aan cherokee en nog so paar ander kwetsende siniese oompies nie,Kobus en dan verteenwoordig en proklameer hulle openlik n sekere politieke party ook ???

E.K. die eerste ·

Kobus, Corne en ander – stem 100% saam en laat die aanlynkoerant dit altyd nog toe ook. Wat het geword van hul sg bepalings en voorwaardes. Maar laat jy nou iets van(teen) hul of die party wat hul openlik voortrek skryf dan word dit gou afgehaal. Jy mag kritiek lewer teen sekere goed maar aits tog net nie teen MM en so nie. Kom ons kyk hoe lank bly hierdie kommentaar

Nel ·

Ek hoop maar die koninklikes het ‘n beter sin vir humor as die BBC.

A Mac ·

Of ons nou van die koninklike familie hou of nie, maar hierdie laaitie gaan so dopgehou word. Daar gaan nou net mense wees wat wil hê dat die kind se gene na die ma se kant van die familie moet val sodat hulle hulself kan verlekker dat die koningshuis nie meer so “wit” is nie. Die naam Archie laat my dink aan die comics wat jare der jare terug op die rakke was van die outjie met die rooi hare!

Felix ·

Vandaar die naam, so baie het die ma daarvan gehou, sy lank gelede selfs haar kat daai naam gegee.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.