Omroeper dood, talle beseer in skietery by Super Bowl-parade

Minstens nege kinders het skietwonde in die Kansas City-skietvoorval opgedoen. (Foto: ANDREW CABALLERO-REYNOLDS / AFP)

ʼn Plaaslike radio-omroeper van Kansas City in die VSA is dood nadat ʼn massaskietery Woensdag by die Kansas City Chiefs se Super Bowl-oorwinningsparade uitgebreek het. Minstens 21 mense is beseer, van wie die helfte kinders is.

Die Children’s Mercy Hospital in Kansas City – wat pasiënte tot die ouderdom van 17 jaar oud behandel – het intussen bevestig dat 11 kinders ná die skietery in dié hospitaal behandel word, van wie nege skietwonde opgedoen het. ʼn Woordvoerder van die hospitaal sê die kinders behoort almal te herstel.

Die aanval het plaasgevind oomblikke nadat Chiefs-spelers ’n juigende skare toegespreek het.

Soos skote geklap het, het verskrikte ondersteuners gespartel om skuiling te soek terwyl polisie gespook het om die Union-stasiegebou te ontruim – ’n tragiese einde aan ’n feestelike oggend om Sondag se NFL-voetbalkampioene te vier.

Volgens die polisie is drie verdagtes in verband met die skietery in hegtenis geneem. Die motief is egter steeds onbekend en die ondersoek duur voort.

Ross Grundyson, Kansas City se brandweerhoof, sê baie van die slagoffers het “lewensbedreigende beserings opgedoen”.

’n Plaaslike radiostasie, KKFI, het aangekondig dat een van sy omroepers, Lisa Lopez, in die aanval dood is.

“Hierdie sinnelose aanval het ʼn pragtige mens van haar familie en die Kansas City-gemeenskap gesteel,” het die stasie op sy Facebok-blad gesê.

Verdagtes ‘platgeduik’

Paul Contreras, wat die parade saam met sy drie dogters bygewoon het, het een van die aanvallers platgeduik en ontwapen net voor polisie op die toneel gekom het.

“Ek was in die regte posisie en kon hom van agter af duik. Toe ek hom tref, het ek die vuurwapen óf uit sy hand gestamp óf uit sy mou,” het hy aan verslaggewers van CNN verduidelik.

“Ek het hom platgeduik en al my gewig op hom geplaas, toe nog ’n barmhartige samaritaan my kom help het.”

Verskeie beseerde slagoffers is op die toneel behandel voordat hulle weggedra is.

“Ek is hartgebroke oor die tragedie wat vandag [Woensdag] plaasgevind het,” het Chiefs-ikoon Travis Kelce op X geskryf.

“My hart gaan uit aan almal wat gekom het om saam met ons fees te vier, en wat deur hierdie tragedie geraak is. Kansas City, jy beteken die wêreld vir my,” het hy verder geskryf.

Die Chiefs se quarterback, Patrick Mahomes, het gesê hy “bid vir Kansas City,” terwyl die span die voorval in ʼn amptelike verklaring betreur het.

Kansas City se burgemeester, Quinton Lucas, was onder die hooggeplaastes wat die parade bygewoon het.

“Hierdie is ʼn dag waarna mense uitsien en vir ʼn leeftyd onthou. Wat hulle nie moes onthou nie, is vuurwapengeweld,” het Lucas gesê.

Pres. Joe Biden van die VSA het op sy beurt ook opnuut ’n beroep op hervorming gedoen om vuurwapengeweld te stuit.

“Hierdie gebeure behoort ons te skok, te mobiliseer en tot optrede te dwing,” lui ’n verklaring deur die Withuis.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Martie Smartie ·

En al wat Biden doen is om opnuut ‘n beroep te doen. Al vir jare lank. Geen tot swak beheer oor vuurwapens in VSA, soos SA. En Biden klink baie soos Ramaphala. Vol verskonings en kop in die sand.

Dirk ·

@Martie Smartie, daar is jy verkeerd. Biden is nie die een wat niks doen nie. Dit is daardie Trump cultists in die senate wat dinge vertraag omdat hulle te sleg is om na hulle kiesers te kyk. Net soos wat die ANC maak.

ES ·

Ek kan nie glo ou seniel Biden kon twee sinne bymekaar maak om die aanval te oordeel nie. Regte ou nar.

Vrijburger ·

Ek weet nie wat is die obsessie mbt vuurwapen moorde in die VSA nie. Vermoedelik omdat die hoofstoom media dit ook verpolitiseer het. Ek bedoel, Suid Africa se per kapita moordkoers is baie hoër as die van die VSA. Self moord met spesifiek vuurwapens, is Suid-Afrika se per kapita syfer meer as dubbeld die van die VSA. As Sentraal- en Suid-Amerika by getrek word is die VSA se per capita syfers heelwat beter.

Martie Smartie ·

@Dirk, nee, watter deel van wat ek sê is verkeerd? Wat het Biden vermag om hierdie tipe skietvoorvalle te bekamp? Zilch. Jy sleep Trump ondersteuners in hierby. As die Dmokrate wil kitaar slaan, laat hulle die regte snare slaan. Feit bly, Biden en die Demokrate is ruggraatloos en met hulle een voet in die graf. Punt.

Dirk ·

Wel @Martie, kyk net hoe het die Republicans die Border bill gestop. Want ou oranja Trumpie wil chaos wil hê omdat hy ‘n slegte verloorder is. Ja dit is korrek ek sleep die Trump ondersteuners in want dit is daardie kamp wat hierdie dinge veroorsaak. Biden het in 2022 ‘n wet in gebring om te help met al die wapen geweld en daar is ‘n paar ander state wat ook wetgewing in gebring het om te help. Daar moet ongelukkig nog baie meer gedoen word, maar hoe kan mens wanneer die Trumpies in meng want dit gaan meer oor hulself as enige iets anders.

Cherokee ·

Dirk, lees jouself. jy praat ‘n spul strooi, sonder om enige feite aan te haal.

andre ·

Die VSA gaan kwaai agteruit.Die Biden regering spandeer geld in Ukraine ,maar laat onwettige immigrante deur Texas die strate instroom .Die plek is vuil,geen dissipline .
Hoe gouer Trump terugkom hoe beter !

Joan ·

Die oplossing is dat hulle nie vuurwapens aan elke immigrant (want wie weet of hulle nie ontwettig is nie) uit te reik nie. Omtrent al hierdie geskietery was gedoen deur sulke onwettige vreemdelinge. Maar Biden het mos die grense oopgegooi . . . . .

Dirk ·

Wel @Cherokee, weereens moet mens die bewyse vir julle gee want julle is te lui. Hier is ‘n lys wette vir jou, https://edition.cnn.com/2022/07/30/us/gun-control-laws-2022/index.html. Maar wag julle Trumpists lees mos nie CNN nie. Daar is “Bipartisan gun safety package” wet wat ingebring is. Soos altyd sal die waarheid in die gesig staar vir Turmpists maar nog steeds sal julle al die leeuns glo wat ou lord Trump vir julle skree. Dit is dieselfde wat die ANC met hulle ondersteuners doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.