Omstrede Thaise verkiesing ongrondwetlik verklaar

Foto: Yingluck Shinawatra, AFP

Foto: Yingluck Shinawatra, AFP

Die grondwetlike hof in Thailand het die omstrede verkiesing van 2 Februarie vanjaar ongrondwetlik verklaar – maar op grond van ‘n baie tegniese punt en nie omdat die vernaamste opposisie dit geboikot het nie.

Sedert November verlede jaar is die land, en veral die hoofstad Bangkok, gereeld deur massabetogings teen die regering van premier Yingluck Shinawatra geruk. Sowat twintig mense is in die onluste dood.

Yingluck word daarvan beskuldig dat sy bloot die marionet is van haar broer, Thaksin Shinawatra, wat in 2006 weens korrupsie deur die leër afgesit is. Thaksin woon sedertdien in die grootste weelde oorsee.

Die Shinawatra’s geniet groot steun in die platteland waar die meeste kiesers woon.

Hoofbron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.