Omstrede tonnel onder Stonehenge beplan

Stonehenge. Foto: AP Photo/Tim Ireland, File

ʼn Beplande padtonnel onder Brittanje se bekende Stonehenge deur is met gemengde reaksie ontvang.

Die tonnel is deel van ʼn R15,6 miljard-plan om verkeer te verminder rondom dié bekende baken wat jaarliks deur meer as ʼn miljoen mense besoek word. Die nuwe toneel sal twee helftes van die 2 630 ha wêrelderfenisgebied verbind wat tans verdeel word deur ʼn pad.

Die tonnel wat sowat 2,9 km lank sal wees, het ten doel om die sig en klanke van verkeer te verwyder en sal ook tot gevolg hê dat daar nie meer hoofligte gesien kan word tydens die jaarlike sonstilstand-samekomste nie.

Nie almal is egter ingenome met die plan nie. Kritici meen die nuwe ontwikkeling kan Stonehenge se plek op die lys van wêrelderfenisgebiede bedreig. Die bekende historikus Tony Robinson het die nuwe ontwikkeling beskryf as die “mees brutale inbraak” nog in die Steentydperk-landskap.

Maar volgens die plaaslike owerhede sal die nuwe ontwikkeling ekonomiese groei en toerisme ondersteun aangesien verkeersknope volgens hulle al lank ʼn negatiewe effek op die streek se ekonomie het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Riette ·

” Die nuwe toneel sal twee helftes van die 2 630 ha”, dit moet seker lees die nuwe tonnel.

SARIE VAN HEERDEN ·

Die hoeveelheid verkeer is seker relatief. Weet nie of ‘n tonnel die probleem sal oplos nie want die motors gaan tog almal in een rigting en na een plek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.