‘n Onbemande duikboot, ‘n Bluefin 21, gaan nou ingespan word om die vermiste Maleisiese vliegtuig te soek wat op 8 Maart met 239 mense aan boord verdwyn het.
Die besluit om die duikboot in te span is geneem nadat daar byna ‘n week laas seine opgevang is wat waarskynlik van die vliegtuig se swart boksies afkomstig was. Die boksies stuur ‘ maand lank seine uit.
Die Bluefin 21 is toegerus met apparaat wat driedimensionele beelde van die seebodem kan maak, wat op die plek waar die vliegtuig vermoedelik geval het meer as vier kilometer diep is.
Bron: Trouw
Daai vliegtuig gaan nie opgespoor word nie. Dit is weg. As ‘n vliegtuig eers in die see geval het, ‘is dit weg.’