Onbemande duikboot soek nou na verdwene vliegtuig

Bluefin 21‘n Onbemande duikboot, ‘n Bluefin 21, gaan nou ingespan word om die vermiste Maleisiese vliegtuig te soek wat op 8 Maart met 239 mense aan boord verdwyn het.

Die besluit om die duikboot in te span is geneem nadat daar byna ‘n week laas  seine opgevang is wat waarskynlik van die vliegtuig se swart boksies afkomstig was. Die boksies stuur ‘ maand lank seine uit.

Die Bluefin 21 is toegerus met apparaat wat driedimensionele beelde van die seebodem kan maak, wat op die plek waar die vliegtuig vermoedelik geval het meer as vier kilometer diep is.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

AmY ·

Daai vliegtuig gaan nie opgespoor word nie. Dit is weg. As ‘n vliegtuig eers in die see geval het, ‘is dit weg.’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.