Die soldaat moes in die lug deur een van sy kollegas gered word. Die twee valskermsoldate, deel van die weermag se Red Devils-span, het deelgeneem aan ʼn valskermspring by die Whitehaven-lugskou in die noordweste van Engeland.
Toe een van die soldate se valskerm geweier het, het sy spanmaat gesien hy is in die moeilikheid en hom vasgegryp. Die twee kon uiteindelik veilig in die water by die plaaslike hawe land. Duisende toeskouers het die voorval sien gebeur en een ooggetuie, Lucy Milne, het vertel hulle kon sien hoe die soldaat “gewelddadig begin skop het”.
Milne het aan die BBC gesê die soldaat het geskop om homself te probeer stuur. Die toeskouers het gejuig en hande geklap toe die twee veillig in die water land. `n Reddingsboot het hulle tot hulp gekom.
ʼn Woordvoerder van die weermag het gesê beide soldate is ongedeerd, maar die oorsaak van die voorval sal ondersoek word. Dit is glo die eerste keer in 25 jaar wat ʼn soldaat se valskerm nie korrek oopgemaak het nie.
Daai is nou ‘n ware vriend wat sien jou lewe hang aan ‘n draadjie, en jou te hulp snel. Ai, Afrikaans is darem ‘n mooi taal!