Ondersoek kom ná Britse soldaat se valskerm nie oopmaak

Argieffoto

Argieffoto

Die Britse weermag ondersoek ʼn voorval waartydens ʼn soldaat se valskerm Vrydag tydens ʼn vryvalvertoning nie oopgegaan het nie.

Die soldaat moes in die lug deur een van sy kollegas gered word. Die twee valskermsoldate, deel van die weermag se Red Devils-span, het deelgeneem aan ʼn valskermspring by die Whitehaven-lugskou in die noordweste van Engeland.

Toe een van die soldate se valskerm geweier het, het sy spanmaat gesien hy is in die moeilikheid en hom vasgegryp. Die twee kon uiteindelik veilig in die water by die plaaslike hawe land. Duisende toeskouers het die voorval sien gebeur en een ooggetuie, Lucy Milne, het vertel hulle kon sien hoe die soldaat “gewelddadig begin skop het”.

Milne het aan die BBC gesê die soldaat het geskop om homself te probeer stuur. Die toeskouers het gejuig en hande geklap toe die twee veillig in die water land. `n Reddingsboot het hulle tot hulp gekom.

ʼn Woordvoerder van die weermag het gesê beide soldate is ongedeerd, maar die oorsaak van die voorval sal ondersoek word. Dit is glo die eerste keer in 25 jaar wat ʼn soldaat se valskerm nie korrek oopgemaak het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

zahn ·

Daai is nou ‘n ware vriend wat sien jou lewe hang aan ‘n draadjie, en jou te hulp snel. Ai, Afrikaans is darem ‘n mooi taal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.