Ondersoek na 10 Russiese troepe gelas

ʼn Oekraïense dienspligtige staan wag naby ʼn massagraf in Bucha naby Kiëf (9 April 2022) (Foto: Sergei Supinsky/AFP)

Oekraïense aanklaers het Donderdag gesê hulle ondersoek 10 Russiese soldate vir beweerde oorlogsmisdade in Bucha.

Talle liggame, almal in burgerlike drag, is onlangs op straat óf in vlak grafte in die Kiëfse voorstad aangetref. Sommige slagoffers se hande was agter hul rug vasgebind.

Die Oekraïense aanklaer-generaal se kantoor sê nou dienspligtiges van Rusland se 64ste gemotoriseerde infanteriebrigade word verdink van moord met voorbedagte rade, asook wrede behandeling en ander oortredings van oorlogswette en -gebruike tydens hul besetting van Bucha in Maart.

Die VN se sekretaris-generaal, Antonio Guterres, het Bucha en twee ander plekke waar die beweerde oorlogsmisdade plaasgevind het Donderdag besoek. Hy het tydens die besoek die voortslepende konflik in Oekraïne as “ʼn absurditeit in die 21ste eeu” en “boosheid” bestempel.

“In my geestesoog sien ek my gesin in een van daardie huise wat nou vernietig en swart is. Ek stel my voor hoe my kleindogters paniekbevange weghardloop,” het Guterres in Borodianka, nog ʼn verwoeste dorp, gesê.

“Ek doen ʼn beroep op die Russiese Federasie om die ondersoek te aanvaar, om saam met die Internasionale Strafhof (ICC) te werk.”

Moskou het tot dusver betrokkenheid by die liggame in Bucha ontken en beweer die beelde is vervals.

Guterres sal na verwagting nou ook besoek by die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, aflê. Dít nadat hy Dinsdag met die Russiese president, Wladimir Poetin, in Moskou vergader en oproepe vir “veilige en doeltreffende humanitêre deurgange in die oorloggeteisterde Oekraïne” herhaal het.

Byna 5,4 miljoen mense het nou reeds uit Oekraïne gevlug sedert Rusland dié land in Februarie binnegeval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kalmkop ·

CNN, BBC, REUTERS, FOX, NBC, WSJ, ens. Al daai “onafganklike” media groepe… Gebalenseerd en Betroubaar.

gpsa ·

Wat het die wereld verwag. Rusland het jare probeer om deel te word van NAVO, maar was nog altyd geweier. NAVO aan die ander kant sluit meer en meer lande naby en teen aan Rusland se grens aan as lede. Dit gee hulle vrye toegang tot daardie lande se weermagte en ook logistieke steun teen Rusland se grense.
Die feit dat NAVO slegs vir verdediging is kan maar baie vinnig omseil word as besluit word om aan te val en soos altyd die weste soos die helde laat lyk.
Vir te lank en te ver word Rusland in ‘n hoek gedruk.
Duitsland was na die 1ste wereld oorlog te ver en te lank in ‘n hoek gedruk en ons weet hoe dit uitgedraai het.

Pierre ·

Seker elke land se keuse of hulle by NAVO wil aansluit en sekerlik NAVO se keuse wie hulle wil toelaat

gpsa ·

Seker ook Rusland se keuse hoe hulle die berdeiging gaan hanteer. Kom nie op vir Rusland nie maar dalk moes sake nie so ver gegaan het met NAVO nie.

Marthinus W ·

Die VN sou glo n forensiese ondersoekspan stuur – niks. Die EU sou n span stuur – niks. Boris Johnson sou n span stuur – niks. Die Franse het n span gestuur, maar ons hoor niks. Daar is soveel bewyse van kwaadwilligheid deur Kief, niemand, jammer, party van ons, glo nie meer alles wat hulle se nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.